Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Hologram: is dit manlik of vroulik?
Re: Die Hologram: is dit manlik of vroulik? [boodskap #35600 is 'n antwoord op boodskap #35482] |
Mon, 16 October 2000 00:00   |
Kabouster
Boodskappe: 10 Geregistreer: October 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Click - filter - ernst - click - weg-is-hy!
Hoeveel alter eggos van die aap sal ons nog hier moet sien!
Ernst wrote:
>
> Jan (greyling) hier is duidelik ferdi greyling se half-broer.
> Want hy praat net soveel kak met dieselfde skeinheilige
> lang-gesig stemtoon.
>
> Jan wrote in message
> news:01c03523$e8b86520$80d3f09b@jan-hazen.agric.za...
>>
>> @home.com wrote in article ...
>>> Jan wrote:
>>>
>>>> Ek wonder hoeveel sou emigreer as die nuwe Suid Afrika 'n
>> wetsgehoorsame en
>>>> veilige land was?
>>>
>>> Maar wanneer laas was SA 'n "wetsgehoorsame en veilige
>> land."?Miskien was
>>> die persepsie in wit SA van die sestigs en sewentigs
>>> en tagtigs dat SA 'n wetsgehoorsame land was. Tog was daar
>>
>> Ferdi het dit nou die ander dag baie duidelik opgesom in die bespreking
>> oor rassiste. Hy hou nie van misdadigers (en rassiste) nie. Die kleur,
>> regverdiging, verantwoordbaarheid en motiverings van misdadigers is
>> eintlik nie nou hier ter sake nie. Die feit is dat Suid Afrika in die
>> sesde jaar van volle demokrasie staan, dat die wereld Suid Afrika as 'n
>> volle demokrasie erken, dat ons nou op gelyke vlak kan meeding in baie
>> markte wat vantevore vir ons ontoeganklik was, dat skenkergeld Suid
>> Afrika binnegestroom het, ens. ens. en dit moet daarop dui dat die
>> misdaadvlakke na 1994 sou begin afneem en nie toeneem nie. Mens kan
>> redeneer dat veral die misdade gepleeg (deur blankes?) voor 1994
>> ondergerapporteer is, maar korrekte rapportering is nie die oorsaak van
>> die drastiese toename in misdaad na 1994 nie. 'n Ander rede wat beslis
>> meer daarmee te make het, is die verswakkende ekonomie, en die probleem
>> hier is dat die bose kringloop (verwakkende ekonomie - meer misdaad -
>> ekonomie verswak verder as gevolg van misdaad - misdaad neem verder
>> toe) iewers gebreek moet word. Deur net te wag vir die ekonomie om te
>> herstel (byvoorbeeld deur te sê dat die misdaad slegs die gevolg van
>> armoede is en dat armoede eers uitgeroei moet word voordat die
>> misdaadsituasie sal regkom) word die probleem deurentyd erger.
>>
>> Ek dink wat ons hier om ons nie sien nie, is effektiewe wetstoepassing
>> (weens verskeie redes). My pa het altyd gesê dat ek in die huis kon
>> doen net wat ek wou, maar dat ek verseker die volle verantwoordelikhede
>> van my dade sou moes aanvaar.
>>
>> Wetsoortredings word geanaliseer en daar word verskonings voorgehou
>> waarom die persoon nie verantwoordelik gehou kan word vir sy misdade
>> nie. Dit strek van padoortredings tot moord, en ons is almal reeds in
>> hierdie groef (watter verskoning kan ek aanvoer sou ek vir 'n
>> spoedoortreding gevang word). My gevoel is dat ons nie kan wag vir baie
>> geld wat iewers vandaan moet kom, of probeer om die voorafbevoordeeldes
>> se geld te herverdeel om armoede by die voorafbenadeeldes uit te roei
>> en probeer om die wetteloosheid op te los nie, ons moet eers
>> wetsgehoorsaam word, dan sal die ekonomie draai en ons sal almal beter
>> daaraan toe wees. Kyk maar na die lande in die wereld wat vandag
>> ekonomies welvarend is - almal van hulle is lande waar die mense
>> grootendeels wetsgehoorsaam is, of hulle nou van die wette hou of nie.
>> Demokrasie beteken dat die wet gehoorsaam word, maar dat hy verander
>> kan word as dit 'n swak of onregverdige wet is.
>>
>> Die essensie van 'n "nuwe" Suid Afrika is dat dit vir almal wat hier
>> bly beter moet gaan en dat die nuwe demokrasie vir een en elk 'n
>> veilige bestaan waarborg.
>>
>>> Ek dink nog dat enigiemand met talent in SA goeie kanse het
>>> op werk. As hulle emigreer, is dit merendeels omdat hulle
>>> dink hulle of hulle kinders sal onder 'n swart baas moet werk.
>>
>> Wat talent betref is jy reg. Mense met talent en die wil om hard te
>> werk vind 'n werk, skep 'n werksgeleentheid en as dit nie werk nie vind
>> hulle 'n werk elders. Dit geld boonop vir alle rasse. Dis miskien nie
>> altyd die werk wat die persoon in gedagte gehad het nie, maar dit is 'n
>> werk. Die kwessie is nie of die kinders wat nou grootword vir 'n swart
>> baas moet werk of nie (as hy/sy eendag 'n werknemer gaan word, sal dit
>> beslis vir 'n swart baas wees - bowendien werk die meeste van ons,
>> insluitende ekself, reeds vir 'n swart baas), maar of die kind sal
>> vorder tot volwassenheid sonder om self direk of indirek 'n slagoffer
>> van ernstige misdaad te word. Ek praat hier van die volgende misdade:
>> aanranding, gewapende roof, verkragting, moord.
>>
>> Ek kan die volgende vraag vra: Hoeveel mense ken jy persoonlik wat 'n
>> slagoffer van bg. vier misdade is? Ek dink nie daar is een mens in Suid
>> Afrika, ongeag van oortuiging, denominasie, geslag of ras, wat nie ten
>> minste een persoon ken wat reeds deurgeloop het nie (ons
>> praat hier van 25000 mense per jaar wat vermoor word, 28000 verdere
>> pogings tot moord, nagenoeg 70000 gevalle van gewapende roof, 52000
>> verkragtings). Ek het drie mense geken wat vermoor is, ken twee wat
>> slagoffers van gewapende roof en (ernstige) aanranding was. Hierdie is
>> nie mense van wie ek weet nie, hulle is/was deel van my werk- en
>> vriendekring. Ek weet van heelwat meer maar ken hulle nie persoonlik
>> nie. Vra maar uit in die swart gemeenskappe - daar is die toestand nog
>> erger, veral na 1994. Die mense in my vriendekring wat aan emigrasie
>> dink, dink uitsluitlik daaraan om 'n soortgelyke lot vry te spring,
>> want daar is oënskynlik nie 'n dringendheid by die betrokke owerhede om
>> hierdie probleem hok te slaan nie.
>>
>> Die amptelike SAPS misdaadsyfers word bereken op die totale bevolking
>> van digby 43.4 miljoen. As jy in aanmerking neem dat die aantal
>> stemgeregtigdes in SA (bo 18) net minder as 18.2 miljoen is en dat
>> gewapende roof nie primer teen kinders onder 18 gemik word nie, sal een
>> uit elke 260 volwassenes een of ander stadium hierdie jaar in die loop
>> van 'n wapen vaskyk. Oor die volgende twee jaar is dit een in elke 130,
>> oor die volgende vyf jaar een in elke 52 volwassenes...
>>
>> Verkragting word gemik teen nagenoeg die helfte van die 43.4 miljoen,
>> dus ongeveer 21.65 miljoen (die amptelike verkragtingsyfers sluit nie
>> dié in wat gevang is bloot vir geslagsgemeenskap met minderjariges of
>> vroulike swaksinniges nie). 'n Vroulike persoon in Suid Afrika staar na
>> 'n waarskynlikheid van een in 416 om hierdie jaar verkrag te word (as
>> jy sou aanneem dat hierdie misdaad slegs teen vrouens bo 18 gemik word
>> is die waarskynlikheid een in 175). Oor 'n tien jaar periode is een uit
>> elke 42 vroue waarskynlik 'n slagoffer en as jy sou aanneem dat die
>> lewensverwagting van 'n vrou net sestig jaar sou wees, sal elke sewende
>> vrou in SA 'n verkragtingslagoffer gedurende haar lewe wees. Dis amper
>> dieselfde as om Russiese Roulette te speel en nie een van ons sien
>> daarvoor kans nie, so hoekom moet jy van 'n vrou verwag om met daardie
>> waarskynlikheid saam te leef? Ek dink nie enige regdenkende mens in
>> die wereld kan hierdie vlak van misdaad goedpraat nie.
>>
>> Die "beter toekoms vir kinders" waarna ek verwys is 'n toekoms waarin
>> hierdie waarskynlikhede om direk deur misdaad geaffekteer te word,
>> aanvaarbare afmetings aanneem, d.w.s. afmetings soos dié waaraan
>> Amerikaners, Nederlanders, Engelse, Nieu Seelanders en Kanadese gewoond
>> is.
>>
|
|
|
|
|
Re: Die Hologram: is dit manlik of vroulik? [boodskap #35649 is 'n antwoord op boodskap #35374] |
Tue, 17 October 2000 00:00  |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jammer - ek het vergeet dat jy al lank uit die land uit is. Jy weet
seker nie wie liewe Heksie van Verna Vels is nie.
@home.com wrote:
>
> lous wrote:
>
>> Ek het net bietjie vergeet daarvan om my naam terug te verander na die
>> toets ...
>>
>
> Dan word jy nog kjêns ook.
>
> Gloudina
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Mon Mar 10 11:18:43 UTC 2025
|