Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Gedigte van 'n Vaderland" deur FERDI GREYLING
"Gedigte van 'n Vaderland" deur FERDI GREYLING [boodskap #35012] Mon, 02 October 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

GEDIGTE VAN 'N VADERLAND

DIE GROOT TREK

uit die blou baaie van die Kaap
met die brandende droom van vryheid
en die krag van hul woede
altyd noord die vreemde vasteland in

weg van die heerskappy van ander se denke
inperking deur vreemde tale en die vasweef
van mense, vlaktes en benaamde riviere in planne
wat die stempel van soldaat en regulasie kry

oor vlaktes soos kristalle onder die son voort
deur woude waar vreemde voëls in die nag roep
tot swart konings diep in die land
hul bloed met Afrika se grond meng

en hulle hard en bitter
in hulle eie beeld verstar
begin om die verskriklike land
in die wette van hulle vryheid te dwing


DIE TORING VAN BABEL

hulle kyk uit oor die land
hulle lag hardop
en waar hulle lag val
groei plante van vrees
hulle praat en hulle woorde
marsjeer soos soldate
deur die strate
hulle gedagtes dra uniform
die honde van hulle wil
blaf langs wette
wat soos doringdraad deur die dae span
in hulle agterkoppe
klik boeie inmekaar
hulle gaan saans huistoe
en sit agter die lessenaar van slaap
om hulle drome skoon te maak en te olie
hulle bou kasernes
hulle sê daar is julle huis
julle sal in planne woon
julle sal apart wees
met julle sal ons
God 'n toring van babel bou


KAAPSTAD '76

die polisie met haelgewere
die man wat die R1-koeël in sy heup gekry het
en die bergies wat aande
met hulle dronk gatte bergop trek
as die aandster in die hemel hang

gebreekte mense Jesus
jy was gebreek
en toe jy aan die kruis gepraat het
was dit om te sê hoe die skerwe jou sny in die kop
en toe het jy heel geword die derde dag
en gesê dat almal wat gebreek is
in jou heel sal word

Jesus van die polisie
en die bergies
en hulle wat bitter en brandend is
is jy toe uiteindelik
bybel toe verban
waar jy in die woestyn van Judea
bladsye en bladsye afstap
en in slothoofstukke opvaar
na kaarte agter in die bybel toe?


BISHO

In die argumente van 'n skare mense
wat by Bisho bult uit marsjeer
agter vet Pancho aan
Sy vlag slaan
Bloedrooi
teen die stofblou lug
met die massa wat agter hom
soos water tussen die huise
en oor die pad vloei. In die argument
van harde mense in ysterkarre op die bult.
Hul uniforms glimlag om koue gesigte.

Konklusies breek die lug met knalle
Boosheid slaan soos reën in die stof
want metaal ruk lywe oop
en bloed en grond sit skielik vuil aan 'n wit hemp vas
by die stadion in Bisho.

In die arms van die rede dan
val die gebreekte mense
van die stadion by Bisho.
En elders.
Hulle sal dwaal in die kamers van die geskiedenis.
Hulle sal die onwaardigheid beërwe
om die sluwe argumente van leiers te illustreer.
Re: "Gedigte van 'n Vaderland" deur FERDI GREYLING [boodskap #38574 is 'n antwoord op boodskap #35012] Fri, 26 January 2001 05:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: July 1999
Karma: 0
Senior Lid
Kak gedig gepos deur 'n kak mens en geskryf deur die kakste mens

(namens

skryf in boodskap news:3A702784.3110BFAD@home.com...
GEDIGTE VAN 'N VADERLAND

DIE GROOT TREK

uit die blou baaie van die Kaap
met die brandende droom van vryheid
en die krag van hul woede
altyd noord die vreemde vasteland in

weg van die heerskappy van ander se denke
inperking deur vreemde tale en die vasweef
van mense, vlaktes en benaamde riviere in planne
wat die stempel van soldaat en regulasie kry

oor vlaktes soos kristalle onder die son voort
deur woude waar vreemde voëls in die nag roep
tot swart konings diep in die land
hul bloed met Afrika se grond meng

en hulle hard en bitter
in hulle eie beeld verstar
begin om die verskriklike land
in die wette van hulle vryheid te dwing

DIE TORING VAN BABEL

hulle kyk uit oor die land
hulle lag hardop
en waar hulle lag val
groei plante van vrees
hulle praat en hulle woorde
marsjeer soos soldate
deur die strate
hulle gedagtes dra uniform
die honde van hulle wil
blaf langs wette
wat soos doringdraad deur die dae span
in hulle agterkoppe
klik boeie inmekaar
hulle gaan saans huistoe
en sit agter die lessenaar van slaap
om hulle drome skoon te maak en te olie
hulle bou kasernes
hulle sê daar is julle huis
julle sal in planne woon
julle sal apart wees
met julle sal ons
God 'n toring van babel bou

KAAPSTAD '76

die polisie met haelgewere
die man wat die R1-koeël in sy heup gekry het
en die bergies wat aande
met hulle dronk gatte bergop trek
as die aandster in die hemel hang

gebreekte mense Jesus
jy was gebreek
en toe jy aan die kruis gepraat het
was dit om te sê hoe die skerwe jou sny in die kop
en toe het jy heel geword die derde dag
en gesê dat almal wat gebreek is
in jou heel sal word

Jesus van die polisie
en die bergies
en hulle wat bitter en brandend is
is jy toe uiteindelik
bybel toe verban
waar jy in die woestyn van Judea
bladsye en bladsye afstap
en in slothoofstukke opvaar
na kaarte agter in die bybel toe?

BISHO

In die argumente van 'n skare mense
wat by Bisho bult uit marsjeer
agter vet Pancho aan
Sy vlag slaan
Bloedrooi
teen die stofblou lug
met die massa wat agter hom
soos water tussen die huise
en oor die pad vloei. In die argument
van harde mense in ysterkarre op die bult.
Hul uniforms glimlag om koue gesigte.

Konklusies breek die lug met knalle
Boosheid slaan soos reën in die stof
want metaal ruk lywe oop
en bloed en grond sit skielik vuil aan 'n wit hemp vas
by die stadion in Bisho.

In die arms van die rede dan
val die gebreekte mense
van die stadion by Bisho.
En elders.
Hulle sal dwaal in die kamers van die geskiedenis.
Hulle sal die onwaardigheid beërwe
om die sluwe argumente van leiers te illustreer.
Re: "Gedigte van 'n Vaderland" deur FERDI GREYLING [boodskap #38575 is 'n antwoord op boodskap #38574] Fri, 26 January 2001 06:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: July 1999
Karma: 0
Senior Lid
Was dit nie Skunk wat altyd so gese het nie?

"Krokkie" skryf in boodskap news:3a710fe0$0$231@hades.is.co.za...
> Kak gedig gepos deur 'n kak mens en geskryf deur die kakste mens
>
> (namens
>
>
>
> skryf in boodskap news:3A702784.3110BFAD@home.com...
> GEDIGTE VAN 'N VADERLAND
>
> DIE GROOT TREK
>
> uit die blou baaie van die Kaap
> met die brandende droom van vryheid
> en die krag van hul woede
> altyd noord die vreemde vasteland in
>
> weg van die heerskappy van ander se denke
> inperking deur vreemde tale en die vasweef
> van mense, vlaktes en benaamde riviere in planne
> wat die stempel van soldaat en regulasie kry
>
> oor vlaktes soos kristalle onder die son voort
> deur woude waar vreemde voëls in die nag roep
> tot swart konings diep in die land
> hul bloed met Afrika se grond meng
>
> en hulle hard en bitter
> in hulle eie beeld verstar
> begin om die verskriklike land
> in die wette van hulle vryheid te dwing
>
>
> DIE TORING VAN BABEL
>
> hulle kyk uit oor die land
> hulle lag hardop
> en waar hulle lag val
> groei plante van vrees
> hulle praat en hulle woorde
> marsjeer soos soldate
> deur die strate
> hulle gedagtes dra uniform
> die honde van hulle wil
> blaf langs wette
> wat soos doringdraad deur die dae span
> in hulle agterkoppe
> klik boeie inmekaar
> hulle gaan saans huistoe
> en sit agter die lessenaar van slaap
> om hulle drome skoon te maak en te olie
> hulle bou kasernes
> hulle sê daar is julle huis
> julle sal in planne woon
> julle sal apart wees
> met julle sal ons
> God 'n toring van babel bou
>
>
> KAAPSTAD '76
>
> die polisie met haelgewere
> die man wat die R1-koeël in sy heup gekry het
> en die bergies wat aande
> met hulle dronk gatte bergop trek
> as die aandster in die hemel hang
>
> gebreekte mense Jesus
> jy was gebreek
> en toe jy aan die kruis gepraat het
> was dit om te sê hoe die skerwe jou sny in die kop
> en toe het jy heel geword die derde dag
> en gesê dat almal wat gebreek is
> in jou heel sal word
>
> Jesus van die polisie
> en die bergies
> en hulle wat bitter en brandend is
> is jy toe uiteindelik
> bybel toe verban
> waar jy in die woestyn van Judea
> bladsye en bladsye afstap
> en in slothoofstukke opvaar
> na kaarte agter in die bybel toe?
>
>
> BISHO
>
> In die argumente van 'n skare mense
> wat by Bisho bult uit marsjeer
> agter vet Pancho aan
> Sy vlag slaan
> Bloedrooi
> teen die stofblou lug
> met die massa wat agter hom
> soos water tussen die huise
> en oor die pad vloei. In die argument
> van harde mense in ysterkarre op die bult.
> Hul uniforms glimlag om koue gesigte.
>
> Konklusies breek die lug met knalle
> Boosheid slaan soos reën in die stof
> want metaal ruk lywe oop
> en bloed en grond sit skielik vuil aan 'n wit hemp vas
> by die stadion in Bisho.
>
> In die arms van die rede dan
> val die gebreekte mense
> van die stadion by Bisho.
> En elders.
> Hulle sal dwaal in die kamers van die geskiedenis.
> Hulle sal die onwaardigheid beërwe
> om die sluwe argumente van leiers te illustreer.
>
Re: "Gedigte van 'n Vaderland" deur FERDI GREYLING [boodskap #38909 is 'n antwoord op boodskap #38575] Sun, 04 February 2001 09:26 Na vorige boodskap
Skunk  is tans af-lyn  Skunk
Boodskappe: 192
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nee!!!

"Krokkie" skryf in boodskap news:3a7116fd$0$224@hades.is.co.za...
> Was dit nie Skunk wat altyd so gese het nie?
>
>
>
>
> "Krokkie" wrote in message
> news:3a710fe0$0$231@hades.is.co.za...
>> Kak gedig gepos deur 'n kak mens en geskryf deur die kakste mens
>>
>> (namens
>>
>>
>>
>> skryf in boodskap news:3A702784.3110BFAD@home.com...
>> GEDIGTE VAN 'N VADERLAND
>>
>> DIE GROOT TREK
>>
>> uit die blou baaie van die Kaap
>> met die brandende droom van vryheid
>> en die krag van hul woede
>> altyd noord die vreemde vasteland in
>>
>> weg van die heerskappy van ander se denke
>> inperking deur vreemde tale en die vasweef
>> van mense, vlaktes en benaamde riviere in planne
>> wat die stempel van soldaat en regulasie kry
>>
>> oor vlaktes soos kristalle onder die son voort
>> deur woude waar vreemde voëls in die nag roep
>> tot swart konings diep in die land
>> hul bloed met Afrika se grond meng
>>
>> en hulle hard en bitter
>> in hulle eie beeld verstar
>> begin om die verskriklike land
>> in die wette van hulle vryheid te dwing
>>
>>
>> DIE TORING VAN BABEL
>>
>> hulle kyk uit oor die land
>> hulle lag hardop
>> en waar hulle lag val
>> groei plante van vrees
>> hulle praat en hulle woorde
>> marsjeer soos soldate
>> deur die strate
>> hulle gedagtes dra uniform
>> die honde van hulle wil
>> blaf langs wette
>> wat soos doringdraad deur die dae span
>> in hulle agterkoppe
>> klik boeie inmekaar
>> hulle gaan saans huistoe
>> en sit agter die lessenaar van slaap
>> om hulle drome skoon te maak en te olie
>> hulle bou kasernes
>> hulle sê daar is julle huis
>> julle sal in planne woon
>> julle sal apart wees
>> met julle sal ons
>> God 'n toring van babel bou
>>
>>
>> KAAPSTAD '76
>>
>> die polisie met haelgewere
>> die man wat die R1-koeël in sy heup gekry het
>> en die bergies wat aande
>> met hulle dronk gatte bergop trek
>> as die aandster in die hemel hang
>>
>> gebreekte mense Jesus
>> jy was gebreek
>> en toe jy aan die kruis gepraat het
>> was dit om te sê hoe die skerwe jou sny in die kop
>> en toe het jy heel geword die derde dag
>> en gesê dat almal wat gebreek is
>> in jou heel sal word
>>
>> Jesus van die polisie
>> en die bergies
>> en hulle wat bitter en brandend is
>> is jy toe uiteindelik
>> bybel toe verban
>> waar jy in die woestyn van Judea
>> bladsye en bladsye afstap
>> en in slothoofstukke opvaar
>> na kaarte agter in die bybel toe?
>>
>>
>> BISHO
>>
>> In die argumente van 'n skare mense
>> wat by Bisho bult uit marsjeer
>> agter vet Pancho aan
>> Sy vlag slaan
>> Bloedrooi
>> teen die stofblou lug
>> met die massa wat agter hom
>> soos water tussen die huise
>> en oor die pad vloei. In die argument
>> van harde mense in ysterkarre op die bult.
>> Hul uniforms glimlag om koue gesigte.
>>
>> Konklusies breek die lug met knalle
>> Boosheid slaan soos reën in die stof
>> want metaal ruk lywe oop
>> en bloed en grond sit skielik vuil aan 'n wit hemp vas
>> by die stadion in Bisho.
>>
>> In die arms van die rede dan
>> val die gebreekte mense
>> van die stadion by Bisho.
>> En elders.
>> Hulle sal dwaal in die kamers van die geskiedenis.
>> Hulle sal die onwaardigheid beërwe
>> om die sluwe argumente van leiers te illustreer.
>>
>
Vorige onderwerp: "Onderons" deur HENRI LAURIE
Volgende onderwerp: Toemaar die Donker Man - 'n Gedig van Ingrid Jonker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 23 13:16:16 UTC 2025