Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kanadese Polisie
Kanadese Polisie [boodskap #33983] |
Sat, 02 September 2000 00:08  |
O.N. Heil
Boodskappe: 13 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ons sien hier te lande (op CNN) hoe die Kanadese polisie werk met mense, kom
ons sê maar, wat nie in alle opsigte soos die polisie lyk nie.
Dink net. Sommer TWEE polisiebote ry die vissermanne uit die water uit.
Nes in die Yankee flieks maar hierdie was dit "for real". Was dit
ge"stage" Gloudie ? Lekker in die land van wit oorheersing, daar by jou,
nie waar nie ?. Watter soorte varke kry julle daar ? Het hulle nie hul
vislisensies betaal nie ?
As jy nou weer gediggies plaas so sonder inagneming van outeursregte en
daardie soort dingetjies, probeer liewers self iets dig. Iets wat naastenby
begin met
'n Piepot val om
daar by die monument
die sfinks bly stom
en haar &%# in sement.
Sjeim. Dat jou regeringsmense nou so bôkkerop kon maak. Met skelm kameras
wat hulle afneem ook.
Ons hoor graag jou veroordeling van die Kanadese Wouter Bassons. Dis nou as
jy jou van jou kalkoen-windeiers eiers kan wegskeur.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Nee - ek is nie 'n troll nie. Net 'n ou inwoner wat dit geniet om so nou
en dan te kom moles maak. Julle moet solank vir die outannie 'n fonds stig
vir 'n kis. Sy was 4 jaar gelede al 76.
|
|
|
Re: Kanadese Polisie [boodskap #33995 is 'n antwoord op boodskap #33983] |
Sat, 02 September 2000 11:57   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
O.N. Heil wrote:
> Ons sien hier te lande (op CNN) hoe die Kanadese polisie werk met mense, kom
> ons sê maar, wat nie in alle opsigte soos die polisie lyk nie.
>
> Lekker in die land van wit oorheersing, daar by jou,
> nie waar nie ?. Watter soorte varke kry julle daar ? Het hulle nie hul
> vislisensies betaal nie ?
> Sjeim. Dat jou regeringsmense nou so bôkkerop kon maak. Met skelm kameras
> wat hulle afneem ook.
> Ons hoor graag jou veroordeling van die Kanadese Wouter Bassons. Dis nou as
> jy jou van jou kalkoen-windeiers eiers kan wegskeur.
Ja, ons Kanadese is omge-ellie, ne Leendert. (Alleen jy sal drie uur in
dieoggend sit en gal braak.) Ons het nou 'n Sikh vir 'n minister van Visserye
en hy stuit nie vir die duiwel nie.
Die scenario speel hom nou gereeld af: Eerste Nasies wat hulle reg wil
toets om onbeteueld te vis in 'n deel van die see waar die Federale regering
restriksies het om die visgetalle te beheer (of om hout af te kap in woude
onder die beheer van die staat.) Die federale standpunt is dat hierdie sake
besluit moet word deur kompromis: in meeste gevalle word die lede van
die Eerste Nasies groter kwotas gegee, maar nie vrye hand nie.
Ek is aan die kant van die Eerste Nasies. Daar gaan nog meer toetsing
van grense wees, noudat die militante Matthew Coon Come hoof van die
Nasionale Federasie van Eerste Nasies is.
Maar om wat hier in Kanada aangaan te vergelyk met die misdade
van Wouter Basson wys net weer jou ou verskrompelde reaksionere
hand.
Gloudina
>
|
|
|
|
Re: Kanadese Polisie [boodskap #34011 is 'n antwoord op boodskap #33983] |
Sun, 03 September 2000 13:23   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Londenboer wrote:
> Gloudina skryf:
>
> (knip-knip)
>> ....van die see waar die Federale regering
>> restriksies het om die visgetalle te beheer (of om hout af te kap in woude
>> onder die beheer van die staat.)
>
> Jou taalgebruik is ook maar om die minste te sê partykeer skokkend Gloudina.
> Altyd eerste om mense uit te wys op hulle spelfoute maar dan kom jou met jou
> verfoeilke anglisismes wat in my opinie erger is as 'n onskuldige spelfout
> hier en daar. Sies man!
Wel Charles van der Wath, ek is die eerste om toe te geedat my Afrikaans iets te
wense oorlaat. (Ek is al darem 34
jaar in Noord-Amerika.) Ek verbaas my net oor die feit dat
jy bostaande stukkie aanhaal. Ek hoop nie jy noem die
woord "restriksie" 'n anglisisme nie. Dit verskyn as 'n
Afrikaanse woord in ons Bosman en van der Merwe.
Watter ander dinge in die bostaande aanhaling is
"verfoeilike" Anglisismes? Ek wag op 'n antwoord.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Kanadese Polisie [boodskap #34024 is 'n antwoord op boodskap #33983] |
Sun, 03 September 2000 18:25   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Elaine wrote:
> en bly in my boekies nog steeds
> anglisismes.
>
Ons moet miskien 'n debat voer oor wat
"Anglisismes" is. Sover ek dit verstaan, is
dit "vertalings" uit Engelse gesegde-patrone
wat nie eg Afrikaans is nie. Dus, wanneer
jy die frase "bly in my boekies" gebruik,
dan gebruik jy 'n anglisisme. Mens moet
versigtig wees om individuele woorde as
"anglisismes" te bestempel. (Veral as
hulle nog boonop in die Afrikaanse
woordeboeke voorkom.)
Gloudina
|
|
|
|
Re: Kanadese Polisie [boodskap #34074 is 'n antwoord op boodskap #33983] |
Tue, 05 September 2000 23:45   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Londenboer wrote:
>> Jou taalgebruik is ook maar om die minste te sê partykeer skokkend
> Gloudina.
>
>> verfoeilke anglisismes
> 'n Meer aanvaarbare woord vir my vir 'restriksie' sal 'beperkings' wees.
>
> Nie in hierdie pos nie maar wel in ander. En moenie eers verwag ek gaan my
> tyd mors om voorbeelde te gaan soek nie.
>
>
Natuurlik is "restriksies" en "beperkings" se betekenis nouverwant. Daar sou
mense wees wat wou argumenteer dat
daar wel 'n subtiele verskil is, maar dit daargelaat. Maar
om vuur te spoeg omdat ek die woord "restriksie" gebruik
(wat in Afrikaanse woordeboeke voorkom, en ook in
Nederlands en Frans, en wat soos Hilda uitwys, van Latyn
af kom) is 'n totale oorreaksie, wanneer jy dit "verfoeilik"
noem. Ek stel voor dat jy gif teen my wil braak, en ongelukkig
die verkeerde wapen gekies het. Onthou jy nog die keer toe
jy geskryf het "nou weet ons waarheen om die briefbomme
te stuur"? Weet jy hoe naby jy gewees het aan 'n klop van
'n bobby op jou deur? Net een oproep aan die Kanadese
polisie hier met 'n klagte oor 'n dreigement wat die woord
"bom" bevat. en die Engelse polisie sou moes reageer.Ek
moes aktief 'n stokkie steek voor twee van die mans in my
familie se planne om jou die skrik op die lyf te jaag.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Kanadese Polisie [boodskap #34126 is 'n antwoord op boodskap #33983] |
Wed, 06 September 2000 21:30   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Davie Davis wrote:
> En sê ook sommer watter ander taal het so gemix geraal soos ons taal?
>
>
Wel, Johan, seker die mees opgemixde taal in die wereldis Engels self. Die
ou Germaanse basis van Engels is nog
daar te sien in basiese woorde, maar as gevolg van die
inval van William the Conqueror in 1066 het daar letterlik
duisende en duisende leenwoorde in "Engels" ingekom.
Dis daarom dat daar woorde soos "begin" en "commence"
is wat omtrent dieselfde betekenis het. As 'n Angel-
Sakser van voor 1066 egter vandag se Engels hoor,
sal hy seker baie moeilik sy eie taal herken.
In die moderne tyd is daar die voorbeeld van Japannees,
wat ook duisende en duisende leenwoorde uit veral Engels
oorgeneem het. Wanneer jy Japannees leer, is daar 'n
spesiale afdeling waar jy leer hoe om hierdie leenwoorde
te skryf en uit te spreek (anders sal die Japannese nie
weet wat jy bedoel nie.) So om te verklaar dat Afrikaans
die mees opgemengde taal is, is 'n opinie gebore uit
onkunde. Afrikaans is tot 'n groot mate nog herkenbaar
as basies Diets, met miskien 'n vereenvoudige spelling-
stelsel en talle leenwoorde. Maar enige Nederlander
kan Afrikaans met gemak lees.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Kanadese Polisie [boodskap #34149 is 'n antwoord op boodskap #33983] |
Thu, 07 September 2000 11:39   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Elaine wrote:
> Wat is Diets? Of is dit veronderstel om Duits te wees?
Nee, dis die groep van tale wat in die westelike laaglandevan Europa
gepraat word en dit sluit in Nederlands, Vlaams
en dus eintlik ook Afrikaans.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Kanadese Polisie [boodskap #34162 is 'n antwoord op boodskap #34151] |
Thu, 07 September 2000 19:42   |
Hilda
Boodskappe: 383 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
>>
> Nog nooit daarvan gehoor nie. Ek vind Nederlands en veral Vlaams moeilik,
> ek sukkel om Afrikaans in veral vlaams te sien. My een vriendin wat ek op
> skool gehad het Vlaams gepraat en sy't aan my gesê dat dit 'n mengsel tussen
> Frans, Duits en Hollands is.
Elaine,
Vlaams bestaan nie as 'n taal nie. Dit bestaan uit verskillende dialekte wat
uit Nederlands stam. Dit is beslis g'n Duits nóg Frans nie. Jou vriendin het
seker nie geweet wat Vlaams is nie. Jy sal dit natuurlik moeilik verstaan,
want elke Vlaamse dialek het 'n ander uitspraak, maar die woorde is
Nederlands of van Nederlandse oorsprong.
In die Wesvlaamse dialek sê hulle "perd" soos in Afrikaans, en "niewers" en
nog baie ander woorde. Ek ken nie al die Vlaamse dialekte nie, want amper
elke dorp het 'n ander een.
Maar ek kan vir jou verseker dat Afrikaans en Nederlands baie na aan mekaar
l�. Ek het tien jaar gelede "Kringe in 'n bos" van Dalene Matthee gelees
alhoewel ek toe nog nooit een woord Afrikaans gehoor of gelees het nie. En
ek kon amper alles verstaan. As dit moontlik is vir 'n Vlaming om Afrikaans
te lees en te verstaan moet dit ook moontlik wees vir 'n Afrikaner om
Nederlands te verstaan.
Afrikaans maak deel uit van die Germaanse talegroep - saam met Nederlands,
Duits, Engels, die Skandinawiese tale (Sweeds, Noors, Deens), Yslands (is
dit die regte naam vir die taal wat Yslanders praat ?) en Jiddish. Afrikaans
is die jongste Germaanse taal, nou verwant met Nederlands en beïnvloed deur
Frans, Engels en Maleis. Maar as jy 'n woordeboek oopslaan, dan is 95 % van
die Afrikaanse woorde dieselfde as in Nederlands :-)).
Groete,
Hilda.
|
|
|
Re: Kanadese Polisie [boodskap #34163 is 'n antwoord op boodskap #34162] |
Thu, 07 September 2000 20:30   |
Tobie
Boodskappe: 581 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
in die goeie ou dae moes ek Nederlands op skool neem in die
senior standerds.
"moedere doet open uwe zoon is hier, hy heeft hem zat
gezopen aan een glaasje bier" ..... err ... dis al wat ek
onthou, 1967 was in die vorige eeu :-)
--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Safe haven for parrots:
http://www.parrotsafe.demon.co.uk/index.htm
South African ringneck site:
http://www.mjvn.co.za/ringneck/2_ml10.htm
Birdbehavior:
http://www.upatsix.com/liz/
-------------------------
My Parrot Photo Album:
http://albums.photopoint.com/j/AlbumList?u=66404&Auth=fa lse
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Hilda en Gervaas skryf in boodskap news:6dSt5.239239$DJ4.3185301@afrodite.telenet-ops.be...
: > >
: > Nog nooit daarvan gehoor nie. Ek vind Nederlands en
veral Vlaams moeilik,
: > ek sukkel om Afrikaans in veral vlaams te sien. My een
vriendin wat ek op
: > skool gehad het Vlaams gepraat en sy't aan my gesê dat
dit 'n mengsel
: tussen
: > Frans, Duits en Hollands is.
:
: Elaine,
:
: Vlaams bestaan nie as 'n taal nie. Dit bestaan uit
verskillende dialekte wat
: uit Nederlands stam. Dit is beslis g'n Duits nóg Frans
nie. Jou vriendin het
: seker nie geweet wat Vlaams is nie. Jy sal dit natuurlik
moeilik verstaan,
: want elke Vlaamse dialek het 'n ander uitspraak, maar die
woorde is
: Nederlands of van Nederlandse oorsprong.
: In die Wesvlaamse dialek sê hulle "perd" soos in
Afrikaans, en "niewers" en
: nog baie ander woorde. Ek ken nie al die Vlaamse dialekte
nie, want amper
: elke dorp het 'n ander een.
: Maar ek kan vir jou verseker dat Afrikaans en Nederlands
baie na aan mekaar
: lê. Ek het tien jaar gelede "Kringe in 'n bos" van Dalene
Matthee gelees
: alhoewel ek toe nog nooit een woord Afrikaans gehoor of
gelees het nie. En
: ek kon amper alles verstaan. As dit moontlik is vir 'n
Vlaming om Afrikaans
: te lees en te verstaan moet dit ook moontlik wees vir 'n
Afrikaner om
: Nederlands te verstaan.
: Afrikaans maak deel uit van die Germaanse talegroep - saam
met Nederlands,
: Duits, Engels, die Skandinawiese tale (Sweeds, Noors,
Deens), Yslands (is
: dit die regte naam vir die taal wat Yslanders praat ?) en
Jiddish. Afrikaans
: is die jongste Germaanse taal, nou verwant met Nederlands
en beïnvloed deur
: Frans, Engels en Maleis. Maar as jy 'n woordeboek
oopslaan, dan is 95 % van
: die Afrikaanse woorde dieselfde as in Nederlands :-)).
:
: Groete,
:
: Hilda.
:
:
:
|
|
|
|
Re: Kanadese Polisie [boodskap #34165 is 'n antwoord op boodskap #33983] |
Fri, 08 September 2000 00:30   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Dirk Vermaak wrote:
> Hierie flippen thread het absoluut boggerol meer uit te waai met die
> Kanadese Poeliesie.
>
> Hoes daai vir proper kroeg-Afrikaans?
>
Ja, mens kan alleen die kaapse draaie wat threads maak,
verstaan as jy katastrofe-teorie daarop toepas. (Soos as die
skoenlapper sy vlerke waai in China, dan waai die westewind
nie die nag in die Oranje-riviervallei nie, en dan kom die
wolke die volgende dag uit die noorde en reen dit op die
rosyntjies wat drooggemaak word en dan speel die boer
bankrot.) Ek gaan nou vir so vier of vyf dae weg van die
rekenaar af. Ek wonder wat ek sal vind in hierdie thread
as ek terugkeer.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Kanadese Polisie [boodskap #34168 is 'n antwoord op boodskap #34162] |
Fri, 08 September 2000 00:42   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dis baie makliker vir 'n Nederlander om Afrikaans te verstaan as wat dit vir
ons is om Hollands te verstaan. Hulle stuur Au Pairs vir taal lesse sodra
hulle in Nederland aankom. Ek verstaan Hollands, een van ons voorgeskrewe
boeke in Matriek was immers 'n Hollandse boek. Dis net vir my baie moeilik
om dit te lees en ek sal dit nie eers probeer skryf nie. Afrikaans is 'n
vereenvoudige vorm van Hollands, en ek glo ek's nie die enigste Afrikaner
wat sukkel met Hollands nie. My man sê dis vir hom maklik, maar dan ook,
hy's Duits en vir hom sal dit maklik wees.
Elaine
Hilda en Gervaas wrote in message
news:6dSt5.239239
> Vlaams bestaan nie as 'n taal nie. Dit bestaan uit verskillende dialekte wat
> uit Nederlands stam. Dit is beslis g'n Duits nóg Frans nie. Jou vriendin het
> seker nie geweet wat Vlaams is nie. Jy sal dit natuurlik moeilik verstaan,
> want elke Vlaamse dialek het 'n ander uitspraak, maar die woorde is
> Nederlands of van Nederlandse oorsprong.
> In die Wesvlaamse dialek sê hulle "perd" soos in Afrikaans, en "niewers" en
> nog baie ander woorde. Ek ken nie al die Vlaamse dialekte nie, want amper
> elke dorp het 'n ander een.
> Maar ek kan vir jou verseker dat Afrikaans en Nederlands baie na aan mekaar
> lê. Ek het tien jaar gelede "Kringe in 'n bos" van Dalene Matthee gelees
> alhoewel ek toe nog nooit een woord Afrikaans gehoor of gelees het nie. En
> ek kon amper alles verstaan. As dit moontlik is vir 'n Vlaming om Afrikaans
> te lees en te verstaan moet dit ook moontlik wees vir 'n Afrikaner om
> Nederlands te verstaan.
> Afrikaans maak deel uit van die Germaanse talegroep - saam met Nederlands,
> Duits, Engels, die Skandinawiese tale (Sweeds, Noors, Deens), Yslands (is
> dit die regte naam vir die taal wat Yslanders praat ?) en Jiddish. Afrikaans
> is die jongste Germaanse taal, nou verwant met Nederlands en beïnvloed deur
> Frans, Engels en Maleis. Maar as jy 'n woordeboek oopslaan, dan is 95 % van
> die Afrikaanse woorde dieselfde as in Nederlands :-)).
>
> Groete,
>
> Hilda.
>
|
|
|
|
|
Re: Kanadese Polisie [boodskap #34176 is 'n antwoord op boodskap #34168] |
Fri, 08 September 2000 10:26   |
hotnotsgot
Boodskappe: 59 Geregistreer: August 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Elaine
Ek dink nie dis makliker vir Nederlanders om Afrikaans te verstaan nie...
Met al die dubbel nie's raak hulle lekker deurmekaar. Lees is maklik in
beide rigtings, maar die uitsprake verskil hemelsbreed!!!
Elaine schreef in berichtnieuws
39b89d5e.0@news1.mweb.co.za...
> Dis baie makliker vir 'n Nederlander om Afrikaans te verstaan as wat dit vir
> ons is om Hollands te verstaan. Hulle stuur Au Pairs vir taal lesse sodra
> hulle in Nederland aankom. Ek verstaan Hollands, een van ons voorgeskrewe
> boeke in Matriek was immers 'n Hollandse boek. Dis net vir my baie moeilik
> om dit te lees en ek sal dit nie eers probeer skryf nie. Afrikaans is 'n
> vereenvoudige vorm van Hollands, en ek glo ek's nie die enigste Afrikaner
> wat sukkel met Hollands nie. My man sê dis vir hom maklik, maar dan ook,
> hy's Duits en vir hom sal dit maklik wees.
>
> Elaine
>
> Hilda en Gervaas wrote in message
> news:6dSt5.239239
>
>> Vlaams bestaan nie as 'n taal nie. Dit bestaan uit verskillende dialekte
> wat
>> uit Nederlands stam. Dit is beslis g'n Duits nóg Frans nie. Jou vriendin
> het
>> seker nie geweet wat Vlaams is nie. Jy sal dit natuurlik moeilik verstaan,
>> want elke Vlaamse dialek het 'n ander uitspraak, maar die woorde is
>> Nederlands of van Nederlandse oorsprong.
>> In die Wesvlaamse dialek sê hulle "perd" soos in Afrikaans, en "niewers"
> en
>> nog baie ander woorde. Ek ken nie al die Vlaamse dialekte nie, want amper
>> elke dorp het 'n ander een.
>> Maar ek kan vir jou verseker dat Afrikaans en Nederlands baie na aan
> mekaar
>> lê. Ek het tien jaar gelede "Kringe in 'n bos" van Dalene Matthee gelees
>> alhoewel ek toe nog nooit een woord Afrikaans gehoor of gelees het nie. En
>> ek kon amper alles verstaan. As dit moontlik is vir 'n Vlaming om
> Afrikaans
>> te lees en te verstaan moet dit ook moontlik wees vir 'n Afrikaner om
>> Nederlands te verstaan.
>> Afrikaans maak deel uit van die Germaanse talegroep - saam met Nederlands,
>> Duits, Engels, die Skandinawiese tale (Sweeds, Noors, Deens), Yslands (is
>> dit die regte naam vir die taal wat Yslanders praat ?) en Jiddish.
> Afrikaans
>> is die jongste Germaanse taal, nou verwant met Nederlands en beïnvloed
> deur
>> Frans, Engels en Maleis. Maar as jy 'n woordeboek oopslaan, dan is 95 %
> van
>> die Afrikaanse woorde dieselfde as in Nederlands :-)).
>>
>> Groete,
>>
>> Hilda.
>>
>
|
|
|
|
|
Re: Kanadese Polisie [boodskap #34252 is 'n antwoord op boodskap #34162] |
Sun, 10 September 2000 16:29  |
Davie Davis[2]
Boodskappe: 133 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Heelwaarskynlik het dit met dialek te doen soos Hilda sê Elaine.
Heelwat jare gelede het my vrou en ek Vlaamse bure gehad.
Eddie en Monique Van Goethem was uit Antwerpen waarheen hulle later
terug is.
Wanneer hulle Vlaams met mekaar gepraat het (en veral as hulle stadig
gepraat het) was dit duidelik verstaanbaar.
DD
On Thu, 07 Sep 2000 19:42:58 GMT, "Hilda en Gervaas"
wrote:
>>>
>> Nog nooit daarvan gehoor nie. Ek vind Nederlands en veral Vlaams moeilik,
>> ek sukkel om Afrikaans in veral vlaams te sien. My een vriendin wat ek op
>> skool gehad het Vlaams gepraat en sy't aan my gesê dat dit 'n mengsel
> tussen
>> Frans, Duits en Hollands is.
>
> Elaine,
>
> Vlaams bestaan nie as 'n taal nie. Dit bestaan uit verskillende dialekte wat
> uit Nederlands stam. Dit is beslis g'n Duits nóg Frans nie. Jou vriendin het
> seker nie geweet wat Vlaams is nie. Jy sal dit natuurlik moeilik verstaan,
> want elke Vlaamse dialek het 'n ander uitspraak, maar die woorde is
> Nederlands of van Nederlandse oorsprong.
> In die Wesvlaamse dialek sê hulle "perd" soos in Afrikaans, en "niewers" en
> nog baie ander woorde. Ek ken nie al die Vlaamse dialekte nie, want amper
> elke dorp het 'n ander een.
> Maar ek kan vir jou verseker dat Afrikaans en Nederlands baie na aan mekaar
> lê. Ek het tien jaar gelede "Kringe in 'n bos" van Dalene Matthee gelees
> alhoewel ek toe nog nooit een woord Afrikaans gehoor of gelees het nie. En
> ek kon amper alles verstaan. As dit moontlik is vir 'n Vlaming om Afrikaans
> te lees en te verstaan moet dit ook moontlik wees vir 'n Afrikaner om
> Nederlands te verstaan.
> Afrikaans maak deel uit van die Germaanse talegroep - saam met Nederlands,
> Duits, Engels, die Skandinawiese tale (Sweeds, Noors, Deens), Yslands (is
> dit die regte naam vir die taal wat Yslanders praat ?) en Jiddish. Afrikaans
> is die jongste Germaanse taal, nou verwant met Nederlands en beïnvloed deur
> Frans, Engels en Maleis. Maar as jy 'n woordeboek oopslaan, dan is 95 % van
> die Afrikaanse woorde dieselfde as in Nederlands :-)).
>
> Groete,
>
> Hilda.
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 02:17:02 UTC 2025
|