Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Suid Afrikaanse Mans
Suid Afrikaanse Mans [boodskap #33348] |
Sun, 13 August 2000 00:00  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek is mal oor mans, ek's mal oor hulle geselskap en ek's mal oor hoe hulle
ruik en die maai diep klank van hulle stemme. Moenie my verkeerd verstaan
nie, ek's nie 'n flerrie nie, en ek slaap nie rond nie, ek dink net mans
maak vir goeie geselskap. Maar dit het altyd vir my gelyk asof meeste van
die mans wat ek mee bevriend word, in varke verander sodra daar emosies
bykom, en dat ons mans sommer 'n klomp idiote is, wat nie hulle vrouens
waardeer nie, plak homself voor die televisie neer met 'n bier in die een
hand en die "remote" in die anner hand, terwyl vroulief net moet sorg. My
man is seker een van die selfsugtigste mans wat ek ken en ek moet van die
more tot die aand sy vuil onderbroeke en sokkies agter hom optel, maar dis
klein goetertjies in vergelyking wat ander vrouens oorkom.
Vrouens van Suid Afrika - waardeer julle mans!!!!! Ek weet, ek weet dis nie
altyd maklik nie, maar hoor bietjie wat doen die Europese mans.
In Griekeland is dit algemene praktyk dat hulle mans rondloop en rondslaap
en die vrou mag niks se nie, sy moet daarmee saamleef of sy kry 'n goeie
loesing.
In Turkeie, mag die hoof manlike gesinslid vrouens vermoor hulle noem dit
"honour killings", en word gewoonlik of sy dogters of niggies gepleeg as
hulle iets doen waarvan die Pa of Oupa nie hou nie. 'n Jonger manlike lid
van die gesin moet die moord pleeg as Pa of Oupa besluit het dit moet gedoen
word. En dis heeltemal wettig.
In Saudi-Arabie word 'n vrou wat verkrag is tronk toe gestuur, en as sy
swanger is word sy ter dood veroordeel.
Regoor die wereld lees en hoor 'n mens van hierdie rillers, en meeste mense
regoor die wereld is dit eens dat ons mans van die mees bedagsame en
vriendelik mans is.
Moenie my verkeerd verstaan nie dames, ek praat nie hier van Suid Afrikaanse
mans wat hulle vrouens aanrand of verkragters nie. Ek praat van die ander
90% van ons mans wat (al is hulle vol foute, net soos ons) ware galante here
is. Ons is gelukkig in vergelyking met vrouens in ander lande.
Volgende keer as jy jou man se vuil sokkies moet optel, dink aan al jou
klein irritasies en dink aan jou susters in minder bevoorregte posisies.
Groete
Elaine
|
|
|
Re: Suid Afrikaanse Mans [boodskap #33377 is 'n antwoord op boodskap #33348] |
Mon, 14 August 2000 00:00   |
Chr...[1]
Boodskappe: 85 Geregistreer: June 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Elaine ek is bly om te sien jy sê "die meeste mans" so daar is darem die
paartjies wat nie onder hulle tel nie.
Dis waar wat jy sê en ja, dit is swak van 'n man om sy vuil klere (veral onder)
en sokkies ens. net neer te smyt.
Daar is darem die uitsonderings en nou wil ek nie my eie beuel blaas nie maar ek
ken ook enkele ander mans wat dieselfde doen.
Ek gooi elke stukkie vuil wasgoed in die regte houer. Meesal was ek my eie
onderklere uit.As dit by kosmaak kom, is my vingers nie krom nie. Ek help
gereeld met die was van die skottelgoed. Ons het nog nooit bediendes gehad nie
en alles wat in en om die huis gebeur gaan deur ons hande.My kinders is groot en
uit die huis, so nou is dit nog makliker vir ons twee om alles elke dag self te
doen.My vrou is my maat, nie die bediende nie en al is ek die broodwinner sit sy
nie ledig by die huis of lê in die strate nie. Alles is elke dag op sy plek,
netjies, kos op die tafel ens.
Ag nee kom nou manne, moenie dat die vrouens so 'n slegte indruk van ons kry
nie.
Dankie ook aan die vrouens wat elke dag hulle kant bring. Onthou om voltyds
huisvrou te wees is net so 'n harde werk as iemand wat 'n pos buite ook nog moet
vul.
Drie hoera's vir die vrouens en moeders van die land.
Christo
Elaine wrote:
> Ek is mal oor mans, ek's mal oor hulle geselskap en ek's mal oor hoe hulle
> ruik en die maai diep klank van hulle stemme. Moenie my verkeerd verstaan
> nie, ek's nie 'n flerrie nie, en ek slaap nie rond nie, ek dink net mans
> maak vir goeie geselskap. Maar dit het altyd vir my gelyk asof meeste van
> die mans wat ek mee bevriend word, in varke verander sodra daar emosies
> bykom, en dat ons mans sommer 'n klomp idiote is, wat nie hulle vrouens
> waardeer nie, plak homself voor die televisie neer met 'n bier in die een
> hand en die "remote" in die anner hand, terwyl vroulief net moet sorg. My
> man is seker een van die selfsugtigste mans wat ek ken en ek moet van die
> more tot die aand sy vuil onderbroeke en sokkies agter hom optel, maar dis
> klein goetertjies in vergelyking wat ander vrouens oorkom.
> Vrouens van Suid Afrika - waardeer julle mans!!!!! Ek weet, ek weet dis nie
> altyd maklik nie, maar hoor bietjie wat doen die Europese mans.
> In Griekeland is dit algemene praktyk dat hulle mans rondloop en rondslaap
> en die vrou mag niks se nie, sy moet daarmee saamleef of sy kry 'n goeie
> loesing.
> In Turkeie, mag die hoof manlike gesinslid vrouens vermoor hulle noem dit
> "honour killings", en word gewoonlik of sy dogters of niggies gepleeg as
> hulle iets doen waarvan die Pa of Oupa nie hou nie. 'n Jonger manlike lid
> van die gesin moet die moord pleeg as Pa of Oupa besluit het dit moet gedoen
> word. En dis heeltemal wettig.
> In Saudi-Arabie word 'n vrou wat verkrag is tronk toe gestuur, en as sy
> swanger is word sy ter dood veroordeel.
> Regoor die wereld lees en hoor 'n mens van hierdie rillers, en meeste mense
> regoor die wereld is dit eens dat ons mans van die mees bedagsame en
> vriendelik mans is.
>
> Moenie my verkeerd verstaan nie dames, ek praat nie hier van Suid Afrikaanse
> mans wat hulle vrouens aanrand of verkragters nie. Ek praat van die ander
> 90% van ons mans wat (al is hulle vol foute, net soos ons) ware galante here
> is. Ons is gelukkig in vergelyking met vrouens in ander lande.
> Volgende keer as jy jou man se vuil sokkies moet optel, dink aan al jou
> klein irritasies en dink aan jou susters in minder bevoorregte posisies.
>
> Groete
> Elaine
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Suid Afrikaanse Mans [boodskap #33525 is 'n antwoord op boodskap #33348] |
Fri, 18 August 2000 00:00  |
Sas Kloppers
Boodskappe: 29 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hello Elaine,
Nou kom ek jou 'n ietsie vertel. In Januarie vanjaar was ek die een
dag so sterk soos 'n bees en die volgende dag heeltemal verlam.
Guillain-Barre het vir my kom kuier. Ek wat 113kg geweeg het was
skielik weer 'n babatjie. Na 19 dae in die intensiewe sorg eenheid en
nog 'n paar dae in die hospitaal het hulle my huistoe gestuur. Hoewel
ek 'n voltydse verpleegster vir 6 maande gehad het, het my vrou die
meeste van die werk moes doen. Sy is 'n klein mensie wat minder as die
helfte as ek weeg, maar sy het alles vir my gedoen. Selfs nou nog bad
sy my, trek my my aan, voer my en so aan.
Vir 7 maande het ek nie 'n oomblik se depressie beleef nie omdat sy
deur die lyding heen blindelings voortgegaan het en nooit gekla het
nie. Sy moes onsmaaklike tye deurmaak maar het altyd geglimlag. Alles
was vir haar 'n plesier. Ek het eendag vir my skoonma dankie gesê
omdat sy haar dogter so mooi grootgemaak het. Ek het baie maal aan my
vrou my dankbaarheid probeer wys. Ek dank my Skepper elke dag vir die
meisie wat jare terug my pad gekruis het. Ek is geen ekspert op "Suid
Afrikaanse" mans/vrouens nie, maar wat ek wel weet is dat daar selfs
in die tye wonderlike mense onder die Afrikaners is.
Ons sien te gereeld die lelike in ons samelewing. Hier is its moois.
En weet jy wat? Mooi of lelik, lui of fluks, dis tyd dat ons mekaar
begin waardeer. Suid Afrikaanse mans moet mooi dink. Hul vrouens is 9
uit 10 keer goud werd.
On Sun, 13 Aug 2000 02:50:55 +0200, "Elaine" wrote:
> Ek is mal oor mans, ek's mal oor hulle geselskap en ek's mal oor hoe hulle
> ruik en die maai diep klank van hulle stemme. Moenie my verkeerd verstaan
> nie, ek's nie 'n flerrie nie, en ek slaap nie rond nie, ek dink net mans
> maak vir goeie geselskap. Maar dit het altyd vir my gelyk asof meeste van
> die mans wat ek mee bevriend word, in varke verander sodra daar emosies
> bykom, en dat ons mans sommer 'n klomp idiote is, wat nie hulle vrouens
> waardeer nie, plak homself voor die televisie neer met 'n bier in die een
> hand en die "remote" in die anner hand, terwyl vroulief net moet sorg. My
> man is seker een van die selfsugtigste mans wat ek ken en ek moet van die
> more tot die aand sy vuil onderbroeke en sokkies agter hom optel, maar dis
> klein goetertjies in vergelyking wat ander vrouens oorkom.
> Vrouens van Suid Afrika - waardeer julle mans!!!!! Ek weet, ek weet dis nie
> altyd maklik nie, maar hoor bietjie wat doen die Europese mans.
> In Griekeland is dit algemene praktyk dat hulle mans rondloop en rondslaap
> en die vrou mag niks se nie, sy moet daarmee saamleef of sy kry 'n goeie
> loesing.
> In Turkeie, mag die hoof manlike gesinslid vrouens vermoor hulle noem dit
> "honour killings", en word gewoonlik of sy dogters of niggies gepleeg as
> hulle iets doen waarvan die Pa of Oupa nie hou nie. 'n Jonger manlike lid
> van die gesin moet die moord pleeg as Pa of Oupa besluit het dit moet gedoen
> word. En dis heeltemal wettig.
> In Saudi-Arabie word 'n vrou wat verkrag is tronk toe gestuur, en as sy
> swanger is word sy ter dood veroordeel.
> Regoor die wereld lees en hoor 'n mens van hierdie rillers, en meeste mense
> regoor die wereld is dit eens dat ons mans van die mees bedagsame en
> vriendelik mans is.
>
> Moenie my verkeerd verstaan nie dames, ek praat nie hier van Suid Afrikaanse
> mans wat hulle vrouens aanrand of verkragters nie. Ek praat van die ander
> 90% van ons mans wat (al is hulle vol foute, net soos ons) ware galante here
> is. Ons is gelukkig in vergelyking met vrouens in ander lande.
> Volgende keer as jy jou man se vuil sokkies moet optel, dink aan al jou
> klein irritasies en dink aan jou susters in minder bevoorregte posisies.
>
> Groete
> Elaine
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 15:46:49 UTC 2025
|