Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » N.P. Van Wyk Louw en die Dubbele Ontkenning
N.P. Van Wyk Louw en die Dubbele Ontkenning [boodskap #31406] Di, 06 Junie 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Die volgende kom uit J.C. Steyn se biografie van N.P. van
Wyk Louw, p.505:

Sheila Nienaber het in 'n brief aan die Oppermans kommentaar
gelewer op 'n aspek van sy (NP se) taalgebruik, naamlik die
weglating van die tweede "nie" van die ontkenning... "Ek kry
die indruk dat hy nie van die tweede nie hou nie. In gewone
gesprekke... doen hy dit ook." (Louw het volgens sy latere
skoonseun Koos Human hom dikwels oor die tweede nie
uitgelaat en geglo die gebruik daarvan word oordryf. Volgens
hom was dit nie so algemeen in die volkstaal waarmee hy
grootgeword het nie.

Hierdie stukkie informasie het my verbaas, alhoewel ek opgelet
het dat die Afrikaans van NP uit dinge wat hy in die dertigerjare
geskryf het, dikwels effens on-idiomaties geklink het wat grammatika
betref. Die vraag is nou, veral oor die kwessie van die "dubbele nie":
was hy nog te gewoond aan Nederlandse taalgebruik, wat hy seker
nog op skool moes leer (hy is in 1906 gebore.) Of was sy taalgebruik
beinvloed deur die feit dat sy ouers geneig was om baie maklik na
Engels oor te slaan?

Of is daar in dele van SA die neiging om die tweede nie uit te laat?
NP is op Sutherland in die Roggeveld gebore. Miskien praat hulle
so daar?

Sheila Nienaber, wat hierbo aangehaal word, was natuurlik die
digter en skilder Sheila Cussons, toe nog getroud met Stoffel
Nienaber. NP het 'n affair met Sheila gehad in Nederland, toe
sy daar was omdat Stoffel aan die Vrye Universiteit van
Amsterdam gestudeer het, en NP klasgegee het in Afrikaans
aan die Universiteit. Stoffel en sy is kort daarna geskei, maar
NP en sy tweede vrou Truida is na 'n periode van vervreemding
tog nie geskei nie. Sheila, wat deels Engels was, het die ongewone
gebruik van NP se dubbele negatief opgemerk.

Gloudina
Vorige onderwerp: Ontkenning
Volgende onderwerp: Boemelaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 27 13:28:31 MGT 2024