Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Tyd en die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING
"Tyd en die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING [boodskap #5078] |
Tue, 27 February 2007 22:33 |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
TYD EN DIE KLEIN KAROO
Ek het die son ge-eet
wat groen druppels
aan die wingerd hang.
Blou vibreer die land
tot teen die berge
wat in die noorde klop.
Die huise hier
is baksteenskepe
wat dobber op dae.
Snags bo die veld
kolk die sterre
strome in die tyd.
Anderkant, by Calitzdorp,
het tyd lank reeds sy groen gety
deur die bruin grond gedruk.
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 09:02:21 UTC 2025
|