Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kort storie...
Kort storie... [boodskap #29737] Sa, 08 April 2000 00:00
Paul van Deventer  is tans af-lyn  Paul van Deventer
Boodskappe: 8
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Junior Lid
Siende dat hy nou weer in die nuus is dog ek ek deel hierdie staaltjie met
die groep. Op 'n vlug na SA vanaf Boston in '92 vlieg ek via Luxembourg na
Jhb (kon nie op daardie stadium direk vlieg nie en studente vlieg maar
goedkoop). Vind op die lughawe uit dat die uwe, Eugene Terreblanche, op
dieselfde vlug is as ek. Sal die vesel so waaragtig by die vliegtuig se
deur staan en almal wat die vliegtuig ingaan se hand probeer skud! Was
interresant om die toeriste se gesigte te sien, het seker gedink die kerel
met die baard was die vlieenier... Wonder nog steeds of hulle braaf of net
dom was, as my vlieenier sulke rooi oe en brandewyn asem gehad het, het ek
nie op die vliegtuig geklim nie...

Paul

NS Moet die man dit toegee, hy het dit goed gevat toe ek hom blatant
geignoreer het...
Re: Kort storie... [boodskap #29738 is 'n antwoord op boodskap #29737] Sa, 08 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Paul van Deventer" pva...@alum.mit.edu

> Sal die vesel so waaragtig by die vliegtuig se
> deur staan en almal wat die vliegtuig ingaan se hand probeer skud!

Swart hande ook?
Vorige onderwerp: Verengelsing van taal
Volgende onderwerp: Re: Die Afrikaner en die Hollander
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 06:14:46 MGT 2024