Tuis » Taal » Prosa & poësie » " 'n Klub so reg uit apartheidstyd" deur Ferdi Greyling
" 'n Klub so reg uit apartheidstyd" deur Ferdi Greyling [boodskap #4767] |
Fri, 19 May 2006 14:55  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Beeld-forum: 'n Klub so reg uit apartheidstyd
May 19 2006 12:16:10:217AM - (SA)
Ferdi Greyling
Die omstrede Native Club wat glo deur 'n aantal swart intellektuele
gestig is, is deesdae op baie plekke 'n gewilde besprekingspunt. Met
reg, want dit is 'n soort illustrasie van hoe die huidige swart
establishment deur goedkoop nasionalisme van die nie-rassige koers
afgetrek kan word wat hy in 1994 ingeslaan het.
Vir baie sogenaamde wit Suid-Afrikaners wat in die apartheidstyd
grootgeword het, is dit seker ook 'n skielike besoek van 'n ou
rassespook wat hulle gehoop het in 1994 begrawe is.
In dié stadium lyk dit asof die Native Club ietwat van 'n geheime
soort organisasie is (iets klink bekend) en dit lyk ook asof dit 'n
versameling van intellektuele na aan die politieke mag van die dag is
(die bekende klanke raak al hoe harder).
Volgens berigte het die klub se lede onlangs vergader en het hulle
onder meer 'n besprekingsdokument onder oë gehad (glo opgestel deur
een van hulle) oor hoe dosente by die land se universiteite swarter
gemaak kan word.
Een voorstel was volgens berigte in 'n Sondagkoerant dat ras die
belangrikste kriterium vir sulke aanstellings moet word. Nie kennis,
kwalifikasies of vaardighede nie. Daar is ook geskryf die klub laat nie
wit lede toe nie. Daar was glo krapperigheid oor bruin en Indiër-lede
ook, maar wit is beslis uit.
En dan die ontstellende een: die klub is volgens berigte glo deur die
presidensie gefinansier. Met die skryf van die rubriek het pres. Thabo
Mbeki nog nie geantwoord op vrae deur die DA of dit wel die geval is
nie.
'n Mens hoop dit is nie. As dit waar is, sal dit 'n ernstige
terugslag vir nie-rassigheid wees en beslis lyk na 'n ontstellende
stap terug na die tye van rassediskriminasie waaruit die land in 1994
ontsnap het.
As die presidensie dit nie gefinansier het nie, sal die Native Club se
samekoms op rassevoorkeur regtens bloot 'n vrywillige samekoms van
mense wees, buite die openbare terrein, en as sulks sal dit nie teen
die Grondwet indruis nie.
Maar dit is nie al wat daar aan politieke en sosiale ontwikkelinge is
nie. Sulke dinge gaan ook oor rolmodelle en voorbeelde wat op die
samelewing afsmeer. Só 'n klub - as dit inderdaad een van
intellektuele en mense in mag is - sal die toon aangee.
Voeg daarby reeds bestaande organisasies soos die Black Lawyers
Association (BLA) en 'n patroon kom na vore. Die BLA se grondwet is
nie-rassig, maar die naam sê nogal duidelike dinge oor voorkeur.
Wat sal 'n realistiese teenreaksie wees? Dit is sekerlik nie te
vergesog dat die wit gemeenskap in reaksie op sulke goed sy
skuldgevoelens oor apartheid verder gaan afskud nie (die jong geslag
het niks eers om af te skud nie) en met 'n sekere mate van woede gaan
reageer nie.
Dan sal ons dalk iets soos 'n "Voortrekker-klub" kry waar wit
Afrikaanse intellektuele sake van die dag bespreek. Jammer, net wittes
toegelaat. En 'n Klub vir Wit Prokureurs. Die Grondwet is nie-rassig,
maar die naam sê alles.
Dalk ook 'n Settlers Club, 'n San-klub, 'n Indian Club en wat
nog.
Dan raak die gewoontes van die samelewing weer ras-gedrewe. Dít kan
oor tyd daartoe lei dat die samelewing eendag wakker word en agterkom
wat die Grondwet bepaal, is nie soos hy dinge organiseer nie. En dat
'n wetlike omskrywing van ras nodig is.
Dán kan dit 'n kwessie van tyd wees voor die Grondwet verander word
om dié samelewing gedienstig te wees en sal ons dinge teruggerol het
tot die 1960's. Ons sal effektief weer apartheid hê en dit is
moeilik om te probeer dink waartoe dit alles sal kan lei.
Ouers moet voorbeelde vir hul kinders wees. As die ouers steel, is die
kans goed die kinders gaan nie iets verkeerd met misdaad sien nie.
Die intellektuele en magshebbers in 'n land is voorbeelde vir die
samelewing. Hul invloed op gedragspatrone is subtiel, maar kragtig.
Nelson Mandela het dit verstaan.
Daarom was hy so nougeset nie-rassig in sy belangrike ampstermyn as
president.
As die gerugte oor die Native Club waar is, kan 'n mens maar net die
kop skud oor hoe sulke slim mense wat apartheid waarskynlik eerstehands
ervaar het, so kan terugverlang na apartheid.
En kan jy begin bekommerd raak oor die aanslag op die nie-rassige basis
van ons demokrasie. Want 'n aanslag sal dit wees.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: " 'n Klub so reg uit apartheidstyd" deur Ferdi Greyling [boodskap #4837 is 'n antwoord op boodskap #4831] |
Wed, 24 May 2006 11:03   |
Otterkop
Boodskappe: 377 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
ek dink jy pis jouself nou nog nat as jy 1 sien , sukkel
jy nou nog omdat almal jou verwerp het , maar jy kon jou
seker help met die wortel skullery daar tussen die kokke en die potte
... kon jouself "vind"
"Ferdi Greyling" wrote in message
news:98c872518bjqnt0c9j7hft0hg5l78p2t2f@4ax.com...
>
> Die intellektuele reaksie van n onder-offisier van die SAW.
> Baie van hulle geken in die army. Hulle is almal dieselfde.
>
>
> On Wed, 24 May 2006 08:26:53 -0000, "Suidwester"
> wrote:
>
>>
>> "Jonas" wrote in message
>> news:1148396123.125599.35940@j73g2000cwa.googlegroups.com...
>>> Ou Ferdietjiekie. Hannes Smith het op sy eie diepspore in SWA/Namibie
>>> getrap. Die goedkoop duimsuig snert wat jy skryf maak jou nie waardig
>>> om enigsins kommentaar te lewer op so 'n ou nie.
>>> Ruk jouself reg. Kom buite jou ou kanttortjie en doen 'n bietjie
>>> ondersoekende joernalistiek.
>>
>> ----Dit maak my so siek as so iemand sit en hanna-hanna oor presies dit
>> wat
>> vir hulle joernaliste 'n voorbeeld van hul professie moet wees. Smithie,
>> in sy 70's, werk meer ure per dag as wat Ferdie'tjie sekerlik in 'n week
>> insit. Bo en behalwe dat hy 'n hele koerant produseer, besit hy ook die
>> grootste private argief in die land en word amper daagliks geskiedkundige
>> items in boedels aan hom bemaak vir veilige bewaring. Soos met die
>> onlangse massagraf-debakel in Owamboland. Waar die meeste koerante die
>> fotos gekoop het en rondom die storie gegorrel het, het Smithie self in
>> die
>> gebied gewees toe dit gebeur het en sy eie fotos geneem. Hy weet wat's
>> die
>> waarheid en hy weet hoeveel kak het Swapo daar aangejaag.
>> Ferdie? News24-donkie. Beeld, Volksblad en die Burger lyk almal
>> dieselfde in breë trekke. Die basiese resep is dieselfde. Die bronne
>> is
>> dieselfde. Die modus operandi is dieselfde. Die mense vergader meer as
>> wat hulle werk. Net soos die staatsdiens.
>>
|
|
|
|
Re: " 'n Klub so reg uit apartheidstyd" deur Ferdi Greyling [boodskap #4848 is 'n antwoord op boodskap #4787] |
Wed, 24 May 2006 14:35   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Ferdi Greyling" wrote in message
news:21m372lmedtj20o725bh23ugi3sr8o3iju@4ax.com...
> On Mon, 22 May 2006 07:45:31 -0000, "Suidwester"
> wrote:
>
> >
>
> Soos - daar is die wat die oorlog verloor het en dan is daar die wat
> die oorlog gewen het? ------Daar is 'n verskil tussen politieke oorgawe en oorlog verloor.
>
> En dan is daar die wat weet hulle het die oorlog gewen en die wat
> hulle hele lewe lank daarna nie die moed het dit in die oe te kyk dat
> hulle verloor het nie? Hulle is dan natuurlik ook die wat nooit sal weet
> hoekom hulle verloor
> het nie.
------enige ou met logika [een kwaliteit wat weinig joernaliste oor beskik]
weet dat g'n oorlog gewen of verloor was in hierdie geval nie en miskien is
dit juis hoekom die mense sukkel om tot berusting te kom want die saak is
nog nie afgehandel nie. Om oor te gee terwyl jy verseker weet dat jy die
oorlog sou gewen het, is pynlik, om die minste te sê. Maar jy aanvaar en
dan sien jy hoe dinge agteruit gaan. Hoe mense soos jy dinge probeer
regskryf [of dalk is jy gewoond aan so 'n vuil gemors, hoe sal ek weet?].
Dis dan wat jy wonder of daar nie maar eerder 'n militêre uitslag moes wees
nie.........
>
> Daar is natuurlik ook die wat eenvoudig voortgaan om te geldelik te
> floreer in die lande wat hulle daagliks afmaak as hopeloos en vrot.
> Hulle is die wat nie weet dat hulle van hulleself praat as hulle hul
> eie lande vloek nie.
------Ek vloek nie my land nie. 'n Politieke party is ook maar net deel
van die bevolking van die land en as hulle nie presteer nie, is dit my reg
om hulle te vloek. As die regering te onnosel is om die infrastruktuur te
onderhou met salaristrekkers wat daarvoor betaal word en hy betaal my tien
keer die ou se salaris om sy werk vir hom te doen, hoekom nie? Ek waai vir
hom uit my 'Cruiser as ek by hom verbyry!
>
> Hulle is die wat gelukkig is om te vloek teen die plekke waar hulle
> bly. Hulle het nooit die moed om te emigreer nie. Hulle is gelukkig in
> die luukse van vloek en haat. Teenoor hulle is daar die wat daar uit
> kan beweeg en die moed het om 'n nuwe werklikheid te bou.
----En waaruit bestaan JOU werklikheid, my ou? Wat het JY begedra tot die
welstand van jou land en jou volk? Jy is 'n salaristrekker wat net sit en
wag om betaal te word en duidelik nie vreeslik produktief is nie as jy vrae
vra oor die werksdrif van iemand soos Hannes Smith! Hoeveel mense gee jy
werk? En wat sien jy in jou drome voor die TV van jou nuwe werklikheid?
Beter gesondheidsdienste, beter wetstoepassing, beter paaie, beter openbare
vervoer, meer werk vir die man op straat.....uh, nie 'n enkele een het al
verbeter van jou regering aan bewind is nie. En jy noem dit BETER? Jy
noem dit doeltreffend? Dit gee mens nogal insig in JOU standaarde!
>
> Daar is ook die wat kan verstaan waarvan ek praat. En die wat nooit
> sal nie.
-----Soos ek hierbo vir jou probeer vertel, dalk kan ons nie so diep duik
nie?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 09:05:25 UTC 2025
|