Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mosambiek oorstromings
Mosambiek oorstromings [boodskap #29217] |
Wed, 08 March 2000 00:00  |
Johann
Boodskappe: 9 Geregistreer: November 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek sit vroeer vannaand en TV kyk toe daar 'n advertensie op die TV is met 'n
oproep om hulp vir die slagoffers van die vloede in Mosambiek. Ek sê toe
vir M dat dit eintlik ongelooflik is dat daar mense is wat hulle ontferm oor
ander mense 10000km daarvandaan. 'n Halfuur later op die nuus saai hulle 'n
onderhoud met Graca Machal uit waarin sy uitvaar oor die min hulp wat die
internasionale gemeenskap aan Afrika en in besonder nou aan Mosambiek gee -
en sy is reg - te min, te laat en ja, hulle kyk eers Suid as daar 'n paar
duisend doodgaan en nie vroeer nie. Maar nou aan die ander kant is dit 'n
vet klap in die gesig van opregte Nederlanders wat geld gee (4 miljoen gulde
tot nou toe) vir die slagoffers en hulle ontferm op allerlei maniere oor die
ellende. Miskien moet Afrika Europa (die Weste, Amerika wie ook al) toelaat
om homself oor die vingers te tik en eerder 'n beroep te doen op 'n sosiale
skuldgevoel eerder as om daarop aanspraak te maak asof hulp 'n reg is. Ek
dink die opmerkinge het meer kwaad as goed gedoen - is daar in ander lande
'n ander deel van die onderhoud uitgesaai - iets meer positief en in die lyn
van 'n erkenning van die buitelandse hulp?
Groete uit 'n nat Nederland
Johann
|
|
|
|
Re: Mosambiek oorstromings [boodskap #29256 is 'n antwoord op boodskap #29217] |
Sun, 12 March 2000 00:00   |
ProPacem
Boodskappe: 320 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Johann" pi...@kabelfoon.nl
> Ek sit vroeer vannaand en TV kyk toe daar 'n advertensie op die TV is met 'n
> oproep om hulp vir die slagoffers van die vloede in Mosambiek. Ek sê toe
> vir M dat dit eintlik ongelooflik is dat daar mense is wat hulle ontferm oor
> ander mense 10000km daarvandaan.
Snaaks, ek vind die teendeel ongelooflik - dat mense hul NIE ontferm nie; die
diskoers wat voorhou dat hulp 'n "voorreg" is en dankbaar verdien moet word.
Ongelooflik, eerstens, omrede die oorgrote meerderheid van die mense hulself
binne een van die vier groot geloodstradisies situeer - geloofstradisies wat
almal, sonder uitsondering, 'n lering handhaaf wat hulp aan ander as
geloofsvereiste vooropstel. In Christendom word dit so mooi vervat in 1 John
("If anyone has material possessions and sees his brother in need but has no
pity on him, how can the love of God be in him?"); een van die vyf kernpilare
van Islam bemoei homself uitsluitlik met aalmoese en die mate waartoe seeninge
verkry word deur te gee; die Dalai Lama sê onomwonde "if we accept that others
have an equal right to peace and happiness as ourselves, do we not have a
responsibility to help those in need?"; en die Joodse Talmoediese leer weef
rondom Mitzvah en Tzedakah 'n geloofs- en lewensfilosofie waarin die persoon
wat gee, hom of haarself transendeer en deel in die werke van G_d as
mede-skeppers.
Tog, mens hoef jou nie eens te beroep op 'n geloofstradisie om hulp en gee as
plig te interpreteer nie. Die natuur-argument dat die klap van 'n duisend
skoenlappervlerke in China die temperatuur in Meksiko beinvloed dien as
eksemplaar vir die wyse waarop ons interafhanklik is van mekaar. Kwame Nkrumah
se ervaring in Philadelphia, as jong student, het jare later grootse
filosofiese en praktiese implikasies gehad in sy mentorskap van prominente
afrika-leiers, in afrosentriese filosofie, en baie prakties, byvoorbeeld, in
die toekenning van myn- en maatskappyregte. Wie weet, die een mosambieker wat
deur jou hulp gered word mag die persoon wees wat kanker genees. Feit is,
medemenslikheid (watter wonderlike Afrikaanse woord) kan nie gemeet word aan
die hand van jou "4 miljoen gulde" nie. Dit is te essensieel, te
eksistensieel, te menslik 'n plig om op so 'n kort-termyn (en kortsigtige)
ekonomiese maatstaf beoordeel te word.
Ek bemerk voorts dat jy saamstem met Graca Machel wanneer jy se dat die
westerse gemeenskap "te min te laat" gee wanneer dit Afrika aangaan. Teen
hierdie agtergrond is dit dan veral openbarend dat die westerse gemeenskap,
wanneer hulle hulp verleen aan pole, rusland, ierland en so meer, hul juis
beroep op die retoriek van broederskap, christelike en medemenslike plig en
obligasie. Wanneer hulle dan stilswyend anderpad kyk wanneer afrika ter sprake
kom, is die onderliggende boodskap dat Afrikaane nie "medemense" is nie, nie
"broeders" is nie, nie deel vorm van die "menswees" definisie nie en gevolglik
nie op hulp kan aandring nie. Om dan te argumenteer, soos jy wel doen, dat
"Afrika (die weste) toelaat om homself oor die vingers te tik", is vreeslik
naief. Ek dink liewer as jou besorgdheid oor die "ondankbare" manier waarop
afrika die weste aanspreek, jy jou kommer toespits op die manier waaop die
weste faal om afrika as volledig menslik te behandel.
NS: Ek wonder of jy ook, in die sewentigs en tagtigs, uitgevaar het teen
"ondankbare swartes wat hul skole afbrand"?
leswin
|
|
|
|
Re: Mosambiek oorstromings [boodskap #29258 is 'n antwoord op boodskap #29217] |
Sun, 12 March 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
A.S. Pris wrote:
> Weet julle hoe lekker dit was om te sien hoe
> die tjopperpaailits help om die
> apartheidspoke weg te waai!
Ja, my hart het geswel van trots om te sienhoe vreesloos die (heelwaarskynlik
Afrikaner-)
reddingswerkers die eerste dae amper alleen
hulp gegee het. Veral daardie een wat in die
boom moes inklim, eers help met die geboorte
van 'n baba en toe ma en kind in die helikopter
inbring. Ek hoop dat die joernaliste as alles
agter die rug is, tv programme van hierdie
heldedade sal maak en die wereld instuur.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Mosambiek oorstromings [boodskap #29261 is 'n antwoord op boodskap #29217] |
Sun, 12 March 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
A.S. Pris wrote:
> Weet julle hoe lekker dit was om te sien hoe
> die tjopperpaailits help om die
> apartheidspoke weg te waai!
Ja, ek hoop daardie vrou van die prinsipaalwat eenkeer nuwe koppies gaan koop het
om vir Chief Albert Luthuli tee te gee (sodat
sy en haar gesin nie uit dieselfde koppies
hoef te drink nie agterna) lewe nog om hierdie
soort optrede in 'n nuwe SA te sien. Dis hierdie
soort optrede wat vir die Afrikaner 'n nuwe
beeld in die wereld skep. Uiteindelik!
Gloudina
|
|
|
|
Re: Mosambiek oorstromings [boodskap #29283 is 'n antwoord op boodskap #29217] |
Mon, 13 March 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Arthur Hagen wrote:
> Ja, en dan kun je gillen "te weinig te laat" maar denk je nu echt dat dat
> mensen in de toekomst gaat motiveren om sneller meer te doen wanneer je nu
> alleen maar kritiek levert? Over oogkleppen gesproken!
>
>
Om kwaad te wees as hulp in 'n ramp nie vinnig genoeg kom nie, isdoodnormaal.
Ons het dieselfde hier in Kanada 'n paar jaar gelede
ondervind met die ysstorm, toe dit twee dae geneem het voor die res
van die vasteland besef het dat 'n ramp oostelike Ontario en westelike
Quebec getref het (ten spyte van die feit dat daar militere basisse vyf
uur weg was wat dadelik hulp kon gee.) Eers dae daarna het die hulp
begin instroom, maar toe was die skade al gedoen - duisende en
duisende koeie en varke en hoenders doodgevries omdat daar nie
hitte was om hulle aan die lewe te hou nie. Die mense wat deur die
ysstorm moes lewe, het maande en maande aangegaan met blaam
aanwys.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Mosambiek oorstromings [boodskap #29314 is 'n antwoord op boodskap #29217] |
Tue, 14 March 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Arthur Hagen wrote:
> mensen die halfweg de andere kant van de wereld wonen
Komaan Arthur, weet jy hoe naby suidelike Afrika van Europa is.
'n oornag se reis met 'n vliegtuig.
As mens iets die skuld wil gee, sal dit nie afstand wees nie.
Ek neem aan dat dinge soos malaria-medisyne en dies meer
baie meer in die gedagtes van die owerhede sou wees. Maar,
ek herhaal weer, daar is altyd 'n "lag time" voordat die
buite-wereld besef dat 'n ramp besig is om te ontwikkel
(behalwe miskien met aardbewings en tornados.) En die
lokale mense moet vergeef word dat hulle kwaad is oor
die blykbare stadigheid van die mense wat die hulp kan
gee.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Mosambiek oorstromings [boodskap #29416 is 'n antwoord op boodskap #29217] |
Mon, 20 March 2000 00:00  |
Johann
Boodskappe: 9 Geregistreer: November 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
ProPacem wrote in message ...
>> Johann" pi...@kabelfoon.nl
>
>> Ek sit vroeer vannaand en TV kyk toe daar 'n advertensie op die TV is met 'n
>> oproep om hulp vir die slagoffers van die vloede in Mosambiek. Ek sê toe
>> vir M dat dit eintlik ongelooflik is dat daar mense is wat hulle ontferm oor
>> ander mense 10000km daarvandaan.
>
> Snaaks, ek vind die teendeel ongelooflik - dat mense hul NIE ontferm nie;
Miskien moet ek dan maar bysê - ontferm tot so 'n mate dat hulle daadwerklik
geld skenk in 'n poging om te help - nie net sê "ag shame en nou's ek 'n
goeie gelowige" nie
> Ek bemerk voorts dat jy saamstem met Graca Machel wanneer jy se dat die
> westerse gemeenskap "te min te laat" gee wanneer dit Afrika aangaan. Teen
> hierdie agtergrond is dit dan veral openbarend dat die westerse gemeenskap,
> wanneer hulle hulp verleen aan pole, rusland, ierland en so meer, hul juis
> beroep op die retoriek van broederskap, christelike en medemenslike plig en
> obligasie. Wanneer hulle dan stilswyend anderpad kyk wanneer afrika ter sprake
> kom, is die onderliggende boodskap dat Afrikaane nie "medemense" is nie, nie
> "broeders" is nie, nie deel vorm van die "menswees" definisie nie en gevolglik
> nie op hulp kan aandring nie. Om dan te argumenteer, soos jy wel doen, dat
> "Afrika (die weste) toelaat om homself oor die vingers te tik", is vreeslik
> naief. Ek dink liewer as jou besorgdheid oor die "ondankbare" manier waarop
> afrika die weste aanspreek, jy jou kommer toespits op die manier waaop die
> weste faal om afrika as volledig menslik te behandel.
>
Sjoe, ek is nou nie so slim nie - van waar ek sit (lekker gemaklik) lyk dit
my dit kan die "Weste" geen bloue moer skeel wat in Afrika gebeur nie. Ek
sien die advertensie - 'n oproep om hulp (geld) aan die slagoffers, ek sien
die reaksie van 'n gerespekteerde Afrikaan. Miskien verwag 'n mens 'n soort
"dankie" - sal nie weer nie, ek het my les geleer. Maar vir die slagoffers
bewys sy geen guns nie.
> NS: Ek wonder of jy ook, in die sewentigs en tagtigs, uitgevaar het teen
> "ondankbare swartes wat hul skole afbrand"?
Hoekom sou jy so iets dink?? Jy lees hopeloos te veel tussen die lyne!
Johann
>
> leswin
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 18:26:00 UTC 2025
|