Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Is geloof alleen genoeg?
Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25654] |
Mon, 30 August 1999 00:00  |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Ek sien Leendert beskuldig my nie alleen van vervolging van Christene
nie,
maar ook dat ek verraad pleeg teenoor die Reformasie en die aksies van
die Katolieke kerk daarna. Ek dink Leendert verloor uit die oog dat ek
nog nooit myself uitgespreek het as 'n dogmatiese Christen nie. Hy
verloor
ook uit die oog dat daar Christelike "sektes" is wat hulle nog met die
Reformasie nog met die Katolieke Kerk vereenselwig. Ek kan baie van
hulle
opnoem. Ek verwonder my ook aan die feit dat Leendert die Liefde
as die basis vir die leer van Christus totaal verwerp as die hoeksteen
van sy "godsdiens." Selfs Teilhard de Chardin het liefde gesien as 'n
phylum in die ewolusie van die skepping na die Omega-punt. Ek hou steeds
daarop: sonder die erkenning van die liefde as die hoeksteen van die
Christelike geloofsbelydenis, word jy 'n klinkende simbaal.
Gloudina
|
|
|
Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25655 is 'n antwoord op boodskap #25654] |
Mon, 30 August 1999 00:00   |
flappie
Boodskappe: 27 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek glo dat daar 'n beter manier is om "godsdienstig" te
wees, waar Christen en Moslem en Hindoe en Buddhis saam met
mekaar arbei om die gees te verryk. - aldus Gloudina
Gloudina, Leendert het die wese van die Christelike geloof
reg opgesom. As Christen probeer ek _juis_ om nie
"godsdienstig" te wees nie! Ken jy die boekie van Fritz
Ridenour, uit die sestigs, dink ek: "How to be a Christian
wihtout being religious"? Christus het dit self gehad teen
die Fariseers, wat so hard probeer het om godsdienstig te
wees, en tot in die fynste besonderhede volgens die wet te
leef, maar op die verkeerde pad beland het.
As Christen aanvaar ek Christus se liefdesdaad wat
uitgeloop het op Sy kruisiging, opstanding en hemelvaart.
My geloof hierin is my paspoort hemel toe - NIE my pogings
om "godsdienstig" te wees of om "liefdevol" op te tree
teenoor ander nie. Al my pogings om "godsdienstig" te wees
gaan my niks op aarde of in die hemel help nie. Ek tree
liefdevol teenoor ander op, soos Leendert noem, as 'n
powere poging om my dankbaarheid vir die verlossing wat ek
in Christus verkry het, te betoon. NIE om daardeur
verlossing te kry nie. Daar is 'n hemelse verskil.
En let 'n bietjie op: wanneer ek verklaar dat ek die ewige
lewe be-erf deur my geloof in Christus, verklaar ek _nie_
dat ander dit nie kry nie. Ek verklaar nie dat ander
verlore gaan of hel toe gaan, of iets soortgelyks nie. Die
Bybel sê wel iets oor die ongelowige. Onder andere sê die
Bybel dat daar net een weg tot God is, en dit is deur
Christus Jesus. Ook dat daar net een weg tot redding is, en
dit is deur geloof in Jesus die Christus. Nie ek nie, en
ook nie Leendert, sê dit nie.
Verder vra jy wat dan van die mense wat nog nooit nie
Christelike boodskap gehoor het nie. God alleen weet wat Hy
daaraan gaan doen. En omdat God goed en regverdig is, sal
Sy uitspraak ook goed en regverdig wees, wat dit ookal gaan
wees. Nie ek of Leendert of enigiemand anders kan hom dit
veroorloof om hier namens God te praat nie. Ons kan almal
net maar herhaal wat in die Bybel staan, want dit is die
ewige en onveranderlike Woord van God. Die Bybel, en niks
anders nie.
Ten slotte: niemand moet probeer om met menslike logika die
Wil van God te probeer verklaar of regverdig nie. God se
logika is nie die mens se logika nie. Ons begryp dit nie
nou nie; eendag wel, wanneer ons van aangesig tot aangesig
sien.
Groetnis
Henry
|
|
|
Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25656 is 'n antwoord op boodskap #25654] |
Mon, 30 August 1999 00:00   |
flappie
Boodskappe: 27 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Maar as jy in die dieptes van Mongolia bly, en nooit van
die "Christelike boodskap" gehoor het nie, wat dan? Nee
wat, ou Leendert, jy reduseer "Christelikheid" tot 'n
provinsiale fenomeen, en so 'n soort "godsdiens" is gedoem
om in die 21 ste eeu plat op sy gesig te val. - aldus
Gloudina.
Dis juis een van die redes waarom die Christen 'n
sendingopdrag van Christus self gekry het: om te doen wat
ons kan om Sy boodskap van redding deur geloof aan almal
uit te dra. (Jou vriendin wat Indie toe wou gaan, het dus
daardie opdrag gaan uitvoer.)
Die geloof in Christus kan nooit 'n "provinsiale fenomeen"
word nie. Tweeduisend jaar gelede het mense al verwag dat
dit gaan gebeur. Dit het nie. Dink 'n bietjie daaroor: 'n
eenvoudige timmermanseun, wat nooit iets geskryf het nie,
wie se dissipels eers dekades na Sy dood begin het om iets
oor Hom te skryf, wie se grootste apostel iemand was wat
Hom nooit in Sy aardse lewe geken het nie, wie se geboorte
die punt is waarvolgens die wêreld sy datums bereken - Sy
leer 'n "provinsiale fenomeen"? Ag nee wat, dink maar weer.
Nie Leendert nie, en ook nie jy nie, sal ooit daarin slaag
om die geloof in Christus tot enigiets minder as wat dit
is, te reduseer nie.
En let 'n bietjie op dat ek nie van die "Christelikheid"
praat nie - wat dit ookal mag beteken, maar van die geloof
in Christus.
Groetnis
Henry
|
|
|
|
|
Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25685 is 'n antwoord op boodskap #25654] |
Tue, 31 August 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
@sympatico.ca wrote:
> Johan wrote:
>
>> As 'n Christen eerlik is in sy geloofs belydenis, dan sal hy strewe daarna om
>> nie blatant onheilige dinge te doen nie.
>
> So wat het die ou wit NG Kerk omies op die preekstoel verkondiggedurende die
> apartheidsregime.
Dink jy dat die verkondiging van apartheid 'n "blatant onheilige"ding
is om te doen, Gloudina? Indien wel, dink jy dat daardie mense geglo
het dat hulle besig was om 'n "blatant onheilige ding" te doen?
> Het jy ooit een van hulle bygeloop
> en vir hulle vertel waar Dawid die wortels gegrawe het?
Versigtig as jy begin met Dawid en die Ou Testament in die konteks van
apartheid, Gloudina. Jy gaan jou vasloop - veral met ouens soos Dawid
en Nehemia en so aan.
>
> Ek lees in vandag se Beeld hoe die ATKV bewustelik nie-Christene
> uit hulle organisasie weer, alhoewel Deon Opperman, 'n dramaturg,
> daarteen beswaar maak. Wat dink jy van sulke dinge?
Die ATKV is 'n organisasie vir Christene, wat hom ten doel stel om die
Afrikaanse taal en kultuur te bevorder. Dit is wat sy grondwet bepaal,
en in die dekades van sy bestaan nog altyd bepaal het.
Deon Opperman is klaarblyklik van oordeel dat Christene nie die reg het
om organisasies vir Christene te stig om die Afrikaanse taal en kultuur
te bevorder nie.
Ek is nie 'n lid van die ATKV nie, maar ek dink Deon Opperman openbaar
uiterste onverdraagsaamheid.
Ek dink ook dat 'n mens op die minste kan erkenning gee dat Christene
'n beduidende aandeel gehad het in die vorming van wat vandag bekend
staan as 'n Afrikaanse taal en kultuur.
Daarbenewens, dink ek dat dit eintlik heel gek is om enige groep te wil
verhoed om die Afrikaanse taal en kultuur te bevorder bloot omdat jy
nie saamstem met die geloof wat hulle aanhang nie.
In Opperman se geval het hy verklaar dat hy ook nie weer met die ATKV
sal saamwerk om die Afrikanse taal en kultuur te bevorder nie, hoewel
die ATKV heeltemal gewillig is om met Deon Opperman saam te werk,
ongeag sy godsdienstige oortuigings. Die ATKV het, byvoorbeeld, 'n
groot rol gespeel om Opperman te bring waar hy is deur sy produksies te
borg, hoewel hy nog nooit lid van die organisasie was nie.
Ek reken dat Opperman die een is met die modder van onverdraagsaamheid
op sy gesig.
Vriendelik groete, Leendert
Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
|
|
|
|
Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25687 is 'n antwoord op boodskap #25654] |
Tue, 31 August 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
prop...@aol.com (ProPacem) wrote:
>> e...@dot.com (Johan)
>
>> Ek dink nie God gaan almal eendag oor die selfde kam skeer nie. Ek dink elke
>> groep en individu sal appart na gekyk word.
>
> Die implikasie hieruit is natuurlik dat dit jou God is wat almal oor dieselfde
> kam gaan skeer - ergo, alle ander gelowe is uiteindelik verkeerd. Ek verstaan
> heeltemal dat daar 'n siening is wat hou dat daar nie 'n alternatief kan wees
> nie - dit wil sê, as mens 'n belydende christen of jood is, kan jy nie anders
> as om te aanvaar dat jou opperwese die ware een is nie. Tog, ek het juis
> saterdag geluister na die Dalai Lama (hy was hier in Chicago) en het dit so
> verfrissend gevind om te luister na sy toespraak wat ten harte gehad het die
> idee dat daar vele weë is na die waarheid, en dat die verskillende
> geloofstradisies hierdie weë in praktyk (nie ideologie nie) uitleef. Hy het
> voortgegaan en verduidelik hoedat hy Jerusalem, en Rome, en Mekka besoek het as
> 'n Joodse, Christen, en Muslim pelgrim - nie toeris nie - selfs al is hy
> Hindoe.
Hmmmm......
In die konteks van die ander dinge wat jy hier skryf, is dit baie in
die kol om na 'n Boedhisteleier (die belangrsikste Boehisteleier? die
"pous" van Boedhiste?) te verwys as 'n Hindu :-)
Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
|
|
|
Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25688 is 'n antwoord op boodskap #25654] |
Tue, 31 August 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
flappie wrote:
> wie se geboorte
> die punt is waarvolgens die wêreld sy datums bereken
Groot dele van die wereld bereken nie hulle datums volgensdie sogenaamde
geboortedatum van Christus nie. Dis jou Westerse
chauvinistiese uitkyk op die lewe wat jouself toelaat om hierdie
soort stellings te maak.
Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25694 is 'n antwoord op boodskap #25654] |
Tue, 31 August 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
@sympatico.ca wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Volgens wat jy hier skryf, is die "beoefening van die
>> liefde" die enigste en die voldoende weg tot saligheid.
>>
>> Dit is nie volgens die Skrif nie. Volgens die Skrif is
>> geloof in Christus die enigste, en voldoende weg tot
>> saligheid.
>
> Dus verklaar jy dat, volgens jou "godsdiens," die geloof in
> Christus die enigste weg tot saligheid is. Dis OK as jy 'n
> Christen is, in die Weste woon, selfs onheilige dinge doen
> maar polities-korrek konstateer dat jy 'n "Christen" is.
> Maar as jy in die dieptes van Mongolia bly, en nooit van
> die "Christelike boodskap" gehoor het nie, wat dan? Nee
> wat, ou Leendert, jy reduseer "Christelikheid" tot 'n
> provinsiale fenomeen, en so 'n soort "godsdiens" is gedoem
> om in die 21 ste eeu plat op sy gesig te val. Ek glo dat
> daar 'n beter manier is om "godsdienstig" te wees, waar
> Christen en Moslem en Hindoe en Buddhis saam met
> mekaar arbei om die gees te verryk.
Waar dit die Christelike geloof aangaan, Gloudina, (insluitende my eie)
dink ek nie ek kan enigsins verbeter op Henry se uiteensettings nie.
Jou uitsprake oor die Islam, dink ek, is gegrond op onkunde.
Ek kan nie vir Moslems praat nie (miskien wil hulle dit self doen as
daar een is wat lees).
Maar soos ek dit verstaan is die Islmatiese geloofsbelydenis baie
eenvoudig dit begin met die woorde Allah Akbar, wat beteken (dink ek)
"Daar is net een God". Dit vervolg en eindig dan met die woorde "En
Mohammad is sy Profeet".
Islam neem, inderdaad, die Christene kwalik dat Christene (volgens
Islam) nie een God aanbid nie, maar drie.
Dit is ook waar dat baie Christene (insluitende die Afrikaanse
susterkerke) op grond van die Christelike Skrif, die Quran en die
geskiedenis aanvaar dat Islam, net soos die Judaïsme, dieselfde God as
ons aanbid. (Allah is die naam wat in die Arabiese Bybel vir God
gebruik word.) Die Chrstelike getuienis teenoor daardie gelowe is
egter: Daar is, volgens die Bybel, slegs een weg tot die God wat Islam
en Judaïsme ook aanbid, en dit is deur Christus.
Op sy beurt aanvaar Islam (so verstaan ek) dat Christene en Jode ook
die openbaring van God ontvang het, maar dat dit 'n onvolkome
openbaring is (sonder die openbaring deur die Profeet Mohammad, dus).
In elk geval: Ek dink nie jy sal in die Islam groot entoesiasme vind
vir 'n a la carte godsdiens soos die wat jy propageer nie.
Groete, Leendert
|
|
|
|
Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25696 is 'n antwoord op boodskap #25654] |
Tue, 31 August 1999 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 31 Aug 1999 14:37:03 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:
|>e...@dot.com (Johan)
|
|>Ek dink nie God gaan almal eendag oor die selfde kam skeer nie. Ek dink elke
|>groep en individu sal appart na gekyk word.
|
|Die implikasie hieruit is natuurlik dat dit jou God is wat almal oor dieselfde
|kam gaan skeer - ergo, alle ander gelowe is uiteindelik verkeerd.
Ek probeer net die teenoorgestelde sê......
|Hy het
|voortgegaan en verduidelik hoedat hy Jerusalem, en Rome, en Mekka besoek het as
|'n Joodse, Christen, en Muslim pelgrim - nie toeris nie - selfs al is hy
|Hindoe.
Leswin, jy het my nou gruwelik deurmekaar - ek dog hy is basies 'n Bhuddis..????
Kyk, ek weet hy woon in Dharamsala, India, waar daar nie veel Bhuddiste is nie,
maar die algemeenste Tibetaanse geloof waaruit hy kom is tog Bhuddisme.
My vrou se een vriendin is Hindu en ek het haar nou net gou gebel. Sy sê ook hy
is nie Hindu nie, maar 'n Bhuddis.
Het jy jou net verspreek?
Ek het nou net hierdie beskrywing ook van hom op die net gekry:
"A Simple Buddhist monk
His Holiness often says, "I am just a simple Buddhist monk - no more, nor less."
His Holiness follows the life of Buddhist monk. Living in a small cottage in
Dharamsala, he rises at 4 A.M. to mediate, pursues an ongoing schedule of
administrative meetings, private audiences and religious teachings and
ceremonies. He concludes each day with further prayer before retiring. In
explaining his greatest sources of inspiration, he often cites a favorite verse,
found in the writings of the renowned eighth century Buddhist saint Shantideva:
For as long as space endures
And for as long as living beings remain,
Until then may I too abide
To dispel the misery of the world.
For as long as space endures
And for as long as living beings remain,
Until then may I too abide
To dispel the misery of the world."
Ek het juis gewonder of Gloudina hier by die 15de rond gaan luister wat hy te sê
het by 'n openbare "teaching" in Central Park....
|
|
|
Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25697 is 'n antwoord op boodskap #25654] |
Tue, 31 August 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Leendert van Oostrum wrote:
>> Het jy ooit een van hulle bygeloop
>> en vir hulle vertel waar Dawid die wortels gegrawe het?
>
> Versigtig as jy begin met Dawid en die Ou Testament in die konteks van
> apartheid, Gloudina. Jy gaan jou vasloop - veral met ouens soos Dawid
> en Nehemia en so aan.
Leendert, Leendert. "Waar Dawid die wortels gegrawe het" het niks metdie
Dawid van die Bybel te doen nie. Die "Dawid" kom van 'n Khoi woord
wat "wortel" beteken.
Gloudina
>
|
|
|
Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25698 is 'n antwoord op boodskap #25654] |
Tue, 31 August 1999 00:00   |
ProPacem
Boodskappe: 320 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> e...@dot.com (Johan)
> Ek dink nie God gaan almal eendag oor die selfde kam skeer nie. Ek dink elke
> groep en individu sal appart na gekyk word.
Die implikasie hieruit is natuurlik dat dit jou God is wat almal oor dieselfde
kam gaan skeer - ergo, alle ander gelowe is uiteindelik verkeerd. Ek verstaan
heeltemal dat daar 'n siening is wat hou dat daar nie 'n alternatief kan wees
nie - dit wil sê, as mens 'n belydende christen of jood is, kan jy nie anders
as om te aanvaar dat jou opperwese die ware een is nie. Tog, ek het juis
saterdag geluister na die Dalai Lama (hy was hier in Chicago) en het dit so
verfrissend gevind om te luister na sy toespraak wat ten harte gehad het die
idee dat daar vele weë is na die waarheid, en dat die verskillende
geloofstradisies hierdie weë in praktyk (nie ideologie nie) uitleef. Hy het
voortgegaan en verduidelik hoedat hy Jerusalem, en Rome, en Mekka besoek het as
'n Joodse, Christen, en Muslim pelgrim - nie toeris nie - selfs al is hy
Hindoe. Ek dink, nes die Dalai Lama, dat dit nie net moontlik is nie, maar
selfs gewens is.
|
|
|
Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25699 is 'n antwoord op boodskap #25654] |
Tue, 31 August 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Johan wrote:
> As 'n Christen eerlik is in sy geloofs belydenis, dan sal hy strewe daarna om
> nie blatant onheilige dinge te doen nie.
So wat het die ou wit NG Kerk omies op die preekstoel verkondiggedurende die
apartheidsregime. Het jy ooit een van hulle bygeloop
en vir hulle vertel waar Dawid die wortels gegrawe het?
Ek lees in vandag se Beeld hoe die ATKV bewustelik nie-Christene
uit hulle organisasie weer, alhoewel Deon Opperman, 'n dramaturg,
daarteen beswaar maak. Wat dink jy van sulke dinge?
Gloudina
>
|
|
|
Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25758 is 'n antwoord op boodskap #25654] |
Wed, 01 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Leendert van Oostrum wrote:
> Jou verwysings na Henry se "Westerse chauvinisme" word dus nie
> verantwoord deur die interessante inligting wat jy hier weergee nie.
> Dit lyk dus inderdaad asof hulle geen funksie gehad het as om die
> gesprek te ontspoor nie, soos Henry afgelei het.
>
> Maar jou nuwe argument is nie meer gemik op die "Westerse chauvinisme"
> nie, maar op die "Christelike" datering.
Leendert, meng jou nie met alles in nie. En gaan terug na Henry
seoorspronklike stelling. Ek het beswaar gemaak teen sy argument dat
die hele wereld omtrent die kalender wat dateer volgens die "geboorte
van Christus" volg, as teken dat die Christelike rigting die regte rigting
is. Ek het dit Chauvinisme genoem. Want dit verwring die feite om aan
te pas by 'n noue groeps-persepsie. En in hierdie geval is die persepsie
verkeerd - die westerse wereld het tot 'n paar eeue gelede baie
gelukkig gelewe met 'n datering wat deur Caesar opgestel is, en dus
geen sweem van Christelike invloed dra.
Gloudina
>
|
|
|
|
|
Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25761 is 'n antwoord op boodskap #25654] |
Wed, 01 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Johan wrote:
> Met al die "teenstand" wat jy hier beskryf, met baie interesante feite, is dit
> soveel meer merkwaardig dat so groot deel van die wereld juis besluit het om met
> hierdie jaartelling saam te loop!!! Dus juis 'n bewys van die belangrikheid
> van die Christelike konotasie aan die spesifieke jaartelling.
Nee, Johan, die "belangrikheid van die CHRISTELIKE konnotasie" in diekalender is
maar net 'n byproduk van die feit dat die nuwe kalender deur 'n
Pous van die Katolieke kerk ingestel is. Die belangrikheid van die instelling
van die Gregoriaanse kalender was van astronomiese en wetenskaplike
belang. Gaan lees daaroor in enige naslaanboek, en vind uit hoekom hulle
besluit het om 'n nuwe kalender in te stel. Die Gregoriaanse kalender het
ingekom om die astronomiese onreelmatighede wat in die Juliaanse kalender
ingesluip het, reg te maak. Dit het niks met die waarheid van die Christelike
leer al dan nie te doen nie.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25763 is 'n antwoord op boodskap #25654] |
Wed, 01 September 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
@sympatico.ca wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Jou verwysings na Henry se "Westerse chauvinisme" word dus nie
>> verantwoord deur die interessante inligting wat jy hier weergee nie.
>> Dit lyk dus inderdaad asof hulle geen funksie gehad het as om die
>> gesprek te ontspoor nie, soos Henry afgelei het.
>>
>> Maar jou nuwe argument is nie meer gemik op die "Westerse chauvinisme"
>> nie, maar op die "Christelike" datering.
>
> Leendert, meng jou nie met alles in nie.
Hmmmm..... Maar Gloudina mag?
> En gaan terug na Henry
> seoorspronklike stelling. Ek het beswaar gemaak teen sy argument dat
> die hele wereld omtrent die kalender wat dateer volgens die "geboorte
> van Christus" volg, as teken dat die Christelike rigting die regte rigting
>
> is. Ek het dit Chauvinisme genoem.
Nee, jy het dit Westerse Chauvinisme genoem. Nou lieg en bedrieg jy om
uit jou verleentheid te kom.
> Want dit verwring die feite om aan
> te pas by 'n noue groeps-persepsie. En in hierdie geval is die persepsie
> verkeerd - die westerse wereld het tot 'n paar eeue gelede baie
> gelukkig gelewe met 'n datering wat deur Caesar opgestel is, en dus
> geen sweem van Christelike invloed dra.
My liewe Gloudina, jy het Henry uitgetrap omdat hy "Westerse
Chauvinisme" beoefen (volgens jou). Nou blyk dit jy het eintlik bedoel
om hom uit te trap vir "Christelike Chauvinisme", wat jy per
Freudiaanse glipsie "Westerse Chauvinisme" genoem het.
Alles maar net politieke korrektheid tot oorlopende vervelens toe - tot
jy naa-and self in jou poltiek korrekte akkies trap.
The lady, methinks, protesteth too much!
|
|
|
Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25764 is 'n antwoord op boodskap #25654] |
Wed, 01 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Kwarantyn wrote:
>> Dis jou Westerse chauvinistiese uitkyk op die lewe wat jouself toelaat om
> hierdie soort stellings te maak.
>
> Ek is net effe teleurgesteld daaroor dat jy so 'n minder belangrike punt
> gebruik om die debat te probeer ontspoor.
>
>
Ek wonder of jy besef dat selfs die mense in Europa en
die koloniste hier in Noord-Amerika die Juliaanse kalender
gebruik het tot net omtrent vierhonderd jaar gelede. Die
Gregoriaanse kalender is eers in 1582 deur Gregorius X111
ingevoer (70 jaar voor Jan van Riebeeck aan die Kaap
geland het dus.) Voor daardie tyd het die mense in Europa
gebruik gemaak van die Juliaanse kalender, wat deur Julius
Caesar ingestel is, met as begindatum 46 jaar voor die
geboorte van Christus (soos bereken in die Gregoriaanse
kalender. ) Om dus nou te argumenteer dat die Christelike
godsdiens se belangrikheid ook bewys word deur die feit
dat mense die geboortedatum van Christus as jaar een
gebruik, is bietjie vergesog. Gregorius se keuse was
beinvloed deur die feit dat hy 'n Katolieke Pous was, maar
die rede waarom hy die nuwe kalender ingestel het, was
om astronomiese en wetenskaplike redes gedoen.
Die Gregoriaanse kalender was nie eens onmiddellik populer
in alle dele van Europa nie. Dele van Nederland, saam met
Denemarke en van die Duitse Protestantse state het dit eers
in 1699-1700 aangeneem. Die Britse regering het die
Gregoriaanse kalender eers in 1752 (dus 'n honderd jaar na
Jan van Riebeeck aan die Kaap geland het) op die Amerikaanse
koloniste afgedwing. In Rusland is die Gregoriaanse kalender
eers in 1918 ingevoer. As jy nou dink dat mense so lank n
kalender gevolg het wat deur Julius Caesar ingestel is, dan
val jou argument oor die belangrikheid van die Christelike
datering van die Gregoriaanse kalender bietjie plat op sy
gesig.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25768 is 'n antwoord op boodskap #25654] |
Wed, 01 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Leendert van Oostrum wrote:
> IIn watter dissipline is die eregraad deur die katolieke universiteit
> toegeken, Gloudina?
>
> Het hulle hom vereer vir sy bydraes tot die Christelike teologie, of
> was dit vir iets anders?
>
Ek neem aan hierdie opmerking van jou is sarkasties. 'n Eregraad in
die Filosofie is die graad wat hulle aan hom toegeken het. Ek dink hy
tel hierdie grade op dwarsoor die wereld.
Gloudina
|
|
|
Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25769 is 'n antwoord op boodskap #25654] |
Wed, 01 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Johan wrote:
> Ek het juis gewonder of Gloudina hier by die 15de rond gaan luister wat hy te sê
> het by 'n openbare "teaching" in Central Park....
Nee Johan, ons sal nie soontoe gaan nie. Maar ek het al vir die Dalai Lama hierin
Kanada gesien, waar hy 'n eregraad van 'n Katolieke universiteit ontvang het.
Die Katolieke kerk is baie simpatiek teenoor die Dalai Lama. Die Kanadese
regering daarenteen is baie versigtig oor hulle verhouding met hom, omdat hulle
bang is om die Sjinese regering se gevoelens seer te maak.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25773 is 'n antwoord op boodskap #25654] |
Wed, 01 September 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
@sympatico.ca wrote:
> Kwarantyn wrote:
>
>>> Dis jou Westerse chauvinistiese uitkyk op die lewe wat jouself
toelaa=
> t om
>> hierdie soort stellings te maak.
>>
>> Ek is net effe teleurgesteld daaroor dat jy so 'n minder belangrike
pun=
> t
>> gebruik om die debat te probeer ontspoor.
>>
>
> Ek wonder of jy besef dat selfs die mense in Europa en
> die koloniste hier in Noord-Amerika die Juliaanse kalender
> gebruik het tot net omtrent vierhonderd jaar gelede. Die
> Gregoriaanse kalender is eers in 1582 deur Gregorius X111
> ingevoer (70 jaar voor Jan van Riebeeck aan die Kaap
> geland het dus.) Voor daardie tyd het die mense in Europa
> gebruik gemaak van die Juliaanse kalender, wat deur Julius
> Caesar ingestel is, met as begindatum 46 jaar voor die
> =93geboorte van Christus=94 (soos bereken in die Gregoriaanse
> kalender. )
[.... alles min of meer waar - een van die uitsonderlike geleenthede
waarby Gloudina kontroleerbare feite gebruik]
> As jy nou dink dat mense so lank =91n
> kalender gevolg het wat deur Julius Caesar ingestel is, dan
> val jou argument oor die belangrikheid van die =93Christelike=94
> datering van die Gregoriaanse kalender bietjie plat op sy
> gesig.
Die Ortodokse kerk gebruik steeds die Juliaanse kalender - dis waarom
die tyd van die Ortodokse paasfees verskil van die ander kerke s'n.
Maar Julius Ceasar, Gloudina, is, volgense enige (geografiese of
kulturele) begrip van "Wes" en "Oos" meer "Westers" as Christus. Of
dan: die Juliaanse kalender is ten minste net so 'n "Westerse"
uitvinding as die Gregoriaanse.
Jou verwysings na Henry se "Westerse chauvinisme" word dus nie
verantwoord deur die interessante inligting wat jy hier weergee nie.
Dit lyk dus inderdaad asof hulle geen funksie gehad het as om die
gesprek te ontspoor nie, soos Henry afgelei het.
Maar jou nuwe argument is nie meer gemik op die "Westerse chauvinisme"
nie, maar op die "Christelike" datering.
Hoe lyk dit my, Gloudina, asof jou aanvanklike opmerkings eintlik maar
gemotiveer is deur niks anders nie as 'n algemene nydige
kwaadwilligheid - teenoor elke kategorie waarin Henri geplaas kan word
- "Westers" (Afrikaans?) manlik, wit, Christen?
|
|
|
|
Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25775 is 'n antwoord op boodskap #25654] |
Wed, 01 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
lou wrote:
>> Leendert, Leendert. "Waar Dawid die wortels gegrawe het" het niks
>> met die Dawid van die Bybel te doen nie. Die "Dawid" kom van 'n Khoi
>> woord
>> wat "wortel" beteken.
>>
>> Gloudina
>
>
> So dit is dus 'Waar dawid die dawid gegrawe het?'.
"Davib/daweb" is 'n Khoi woord wat op meer as een boomsoort van
toepassing is.Die boere het volksetimologies die "Afrikaanse" woorde
"dawiedjies" en
"dawidsworteltjies" geskep, asook die uitdrukking "waar Dawid die wortels
gegrawe het." Daar, my liewe Lou, is die voorvader van een van jou
Afrikaanse uitdrukkinge, diep gewortel in die grond van jou land en jou
mense.
Gloudina
|
|
|
Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25838 is 'n antwoord op boodskap #25654] |
Thu, 02 September 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Leendert van Oostrum wrote:
> Dink jy dat die verkondiging van apartheid 'n "blatant onheilige"ding
> is om te doen, Gloudina? Indien wel, dink jy dat daardie mense geglo
> het dat hulle besig was om 'n "blatant onheilige ding" te doen?
>
>
Ja, Leendert, honderdmaal ja. Dit was 'n blatante onheilige ding om te
gedoen
het, en ek het gehoor dat die NG Kerk daarom verskoning gevra het (en hoop
ek, vergiffenis voor God.) En die feit dat jy nog altyd klink asof jy nie
so dink
en doen nie, laat my nog altyd wonder.
Gloudina
|
|
|
Re: Is geloof alleen genoeg? [boodskap #25839 is 'n antwoord op boodskap #25654] |
Thu, 02 September 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
@sympatico.ca wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Dink jy dat die verkondiging van apartheid 'n "blatant onheilige"ding
>> is om te doen, Gloudina? Indien wel, dink jy dat daardie mense geglo
>> het dat hulle besig was om 'n "blatant onheilige ding" te doen?
>>
>
> Ja, Leendert, honderdmaal ja. Dit was 'n blatante onheilige ding om te
> gedoen
> het,
Daar is nogal baie mense wat met jou saamstem hieroor. Ek is nie een
van hulle nie.
> en ek het gehoor dat die NG Kerk daarom verskoning gevra het (en hoop
> ek, vergiffenis voor God.)
Nie wat ek van weet nie. Vertel my meer?
> En die feit dat jy nog altyd klink asof jy nie
> so dink
> en doen nie, laat my nog altyd wonder.
Moenie wonder nie, Gloudina.
Ek het al herhaaldelik hier geskryf dat "apartheid" nie die groot sonde
van die afgelope 50 jaar was nie.
Dat daar veel meer onheilige dinge was (magmisbruik in al sy vorme).
Dat daardie onheilige dinge nog steeds met ons is.
En ek het mense soos André P. Brink aangehaal wat met my saamstem.
So, moenie wonder nie.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 02:15:34 UTC 2025
|