Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Gloudina weet dalk iets!
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #24840] |
Fri, 23 July 1999 00:00  |
André Swart
Boodskappe: 15 Geregistreer: March 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Gloudina
Gaan bestudeer bietjie die ewolusie wetenskap en daarna gaan kyk jy bietjie
wat die Westerse mense reeds in 1450 (Leonardo Da Vinci) vermag het - en dan
verduidelik jy vir ons almal waarom die Afrika mense nog nie in 1999
ontwikkel het tot op die 1450 vlak van Westerlinge nie.
Wanneer dink jy sal hulle (Afrikamense) by 1450 se vlak van ontwikkeling
uitkom?
Ek wil werklik weet!
Opregte groete
André
|
|
|
|
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #24991 is 'n antwoord op boodskap #24840] |
Thu, 29 July 1999 00:00   |
Simon van der Schans
Boodskappe: 263 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Johan wrote in message ...
> On Tue, 27 Jul 1999 20:27:34 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
> Greyling) wrote:
>
> |OK, laat ek "in kind" antwoord: En wat van die Afrikane in Egipte en
> |die bruin mense van die Midde Ooste en die Indiers wat astronomie,
> |meetkinde en wiskunde uitgevind het toe die Europeers nog snorkend in
> |die woude rondgesnuffel het?
> |
> Jy maak nie veel sin, selfs met jou "in kind", as jy Egiptenare van
> 10,000 jaar gelede met die swart bevolking van Afrika vergelyk
nie.
En wat maak dan soveel sin daarin vir iemand wie se voorgeslagte
(neem ek aan) reeds vir eeue aan die suidpunt van Afrika woon, om
hom te beroem op die prestasies van 'n Italianer uit die 15de
eeu? Hoeveel Italiaanse bloed het hy in hom? Of is dit maar net
omdat hy, soos Leonardo, 'n wit vel het?
Swart Simon
|
|
|
|
|
|
|
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25031 is 'n antwoord op boodskap #24840] |
Fri, 30 July 1999 00:00   |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:37aa9bd1.16956879@news.icon.co.za...
> On Thu, 29 Jul 1999 01:13:58 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:
>
> > Greyling) wrote:
>>
>> |OK, laat ek "in kind" antwoord: En wat van die Afrikane in Egipte en
>> |die bruin mense van die Midde Ooste en die Indiers wat astronomie,
>> |meetkinde en wiskunde uitgevind het toe die Europeers nog snorkend in
>> |die woude rondgesnuffel het?
>> |
>> Jy maak nie veel sin, selfs met jou "in kind", as jy Egiptenare van
>> 10,000 jaar gelede met die swart bevolking van Afrika vergelyk nie.>>
>
> En as die Egiptenare swart was, hmmmmm?
>
... en ook soos die swart bevolking van Afrika nie astronomie en "meetkinde"
en wiskunde sover gevoer het as die midde ooste en Indie nie, dan was die
redenasie seker anders, né....
|
|
|
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25032 is 'n antwoord op boodskap #24840] |
Fri, 30 July 1999 00:00   |
ProPacem
Boodskappe: 320 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> "Johan" e...@dot.com
Jy vereenselwig jou eerder met 'n Italianer as 'n Swart Afrikaan? En jou taal
en kultuur het meer raakvlakke met Italianers as Swart Suid-Afrikaners? Watter
deursigtige verskoning vir die raakvlak waaroor dit werklik gaan - melanien en
pigment. Met wie dink jy praat jy Afrikaans hier. Is ek nie 'n Swart Afrikaan
nie en is dit nie ONS taal nie? En eet beide jy en afrikane nie boerewors,
biltong, mopaniewurms, kaapse kêrrie nie of drink castle, Klipdrift en fanta
orange nie - als kultuurgoed. En wanneer jy die grond in Namakwaland ruik na
die eerste lentereëns weet jy nie, nes die swart afrikaan langs jou, dat geen
ander plek ter wêreld só ruik nie? Of wanneer jy mor en por oor Amerikaners
wat nie so sosiaal en geredelik oor en weer kuier nie, of hul oumense in
ouetehuise sit, of hul kinders wat nie "respek" het vir hul ouer meerderes nie,
weet jy nie dat jy 'n kulturele bakermat met daardie swart afrikaan deel nie?
Julle geskiedenis oor drie eeue heen is intiem met mekaar verstrengel. Maar
nee - jy vereenselwig jou met 'n Italiaanse taal en kultuur. Skree jy vir die
Italiaanse sokkerspan? Praat jy Italiaans? Is daar 'n erfresep in jou familie
vir Portabello sampioene en mozzarella? Weet jy hoe verskillende Italiaanse
streke mekaar tipeer? Het jy al ooit wakkergeskrik in die Italiaanse Alpe en
besef dat jy tuis is - of 'n sonsondergang in Sicilië gadegeslaan en in jou
binneste geweet dat jou wortels dáár is? maar jy vereenselwig jou met 'n
Italiaanse taal en kultuur en het nie "raakvlakke" met swart afrikane nie. Wat
de hel is ek en waarom verstaan jy my verwysings, allusies, spreuke, gesegdes?
Meer raakvlakke inderdaad. Bly lekker in Minnesota, Johan - die nag kou aan
jou dak en jy weet dit nie eens nie (verskoning aan Breytenbach).
"The roots that nurture, and the roots that strangle. They're the only roots
we have". Arthur Nortjé, swart suid-afrikaanse digter, kort voor sy sterfte in
Londense bannelingskap nadat die apartheidsregering van die dag hom verban en
uit die land geskop het.
|
|
|
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25033 is 'n antwoord op boodskap #24840] |
Fri, 30 July 1999 00:00   |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
ProPacem skryf in boodskap news:19990730011744.03788.00002898@ng-cs1.aol.com...
> Jy vereenselwig jou eerder met 'n Italianer as 'n Swart Afrikaan?
Ja, is dit so moeilik om te glo?
> En jou taal
> en kultuur het meer raakvlakke met Italianers as Swart Suid-Afrikaners?
Dis my ervaring, ja.
> Watter
> deursigtige verskoning vir die raakvlak waaroor dit werklik gaan - melanien en
> pigment.
Moenie alweer rassisme hier insleep nie, Leswin.
> Met wie dink jy praat jy Afrikaans hier. Is ek nie 'n Swart Afrikaan
> nie en is dit nie ONS taal nie?
Watter swart bevolkingsgroep kom jy uit, Leswin? Is jy 'n Zulu, Sotho of
dalk Venda? Watter initiasie skool het jy begewoon? Ek was onder die indruk
jy is afkomstig uit die bruin gemeenskap van die Kaap..?
> En eet beide jy en afrikane nie boerewors, biltong,
Nee, swart mense het eers leer boerewors en biltong eet nadat Europeers dit
in SA begin maak en verkoop het.
> mopaniewurms,
...defnitief nie!!!!!!
> kaapse kêrrie nie of drink castle, Klipdrift en fanta orange nie - als
kultuurgoed.
Nie juis dinge wat die Europeers hier kom kry het wat eie was aan die swart
volke voor die Europeers dit aan hulle bekend gestel het nie, né
> En wanneer jy die grond in Namakwaland ruik na
> die eerste lentereëns weet jy nie, nes die swart afrikaan langs jou, dat geen
> ander plek ter wêreld sê ruik nie?
Elke plek in die wereld ruik anders en dit het niks te doen met watter
kultuurgroep ek my vereenselwig nie.
> Of wanneer jy mor en por oor Amerikaners
> wat nie so sosiaal en geredelik oor en weer kuier nie, of hul oumense in
> ouetehuise sit, of hul kinders wat nie "respek" het vir hul ouer meerderes nie,
> weet jy nie dat jy 'n kulturele bakermat met daardie swart afrikaan deel
nie?
Die mor en por het jy by iemand anders gehoor - nie by my nie!
> Julle geskiedenis oor drie eeue heen is intiem met mekaar verstrengel.
Ons geskiedenis, ja, maar nie ons kultuur nie.
> Maar
> nee - jy vereenselwig jou met 'n Italiaanse taal en kultuur.
...eerder as 'n swart kutuur - ek het spesifiek die twee met mekaar
vergelyk.
> Praat jy Italiaans?
Nee, maar Afrikaans het meer in gemeen met die Europese tale - almal - as
met Afrika tale.
Ek luister eerder Italiaanse opera en volg die libretto in Italiaans as wat
ek na tradisionele swart Afrika musiek sal luister.
> Is daar 'n erfresep in jou familie
> vir Portabello sampioene en mozzarella?
Ja, ek het Ouma Elsie se Macaroni resep in my boek - baie lekkerder as die
standaard Macaroni en Kaas.
En Anette Human se pizza resep (nou nie 'n erf resep nie, maar darem 'n
Italiaanse dis - Amerikaans/Italiaans - wat al deel van my kultuur geword
het).
> Het jy al ooit wakkergeskrik in die Italiaanse Alpe en
> besef dat jy tuis is - of 'n sonsondergang in Sicilië gadegeslaan en in jou
> binneste geweet dat jou wortels dáár is?
Baie naby - in Venesie het ek gaan soek na kant makers en my ma soontoe
geneem en daar besef hoe 'n klein wereldjie ons bewoon - waar ons en die
Italiaanse vroue mekaar glad nie kon verstaan wat die taal betref nie, maar
dat die kant wat my ouma en ma met die hand maak, dieselfde steke en metodes
deel as die kant wat wat daardie vrouens daar sit en maak het.
Ek en my pa het dit geniet om te sien hoeveel van ons godsdiens se
geskiedenis in Italie afgespeel het - en ons kultuur se kunsgeskiedenis.
> maar jy vereenselwig jou met 'n
> Italiaanse taal en kultuur en het nie "raakvlakke" met swart afrikane nie.
Nie soveel as met die Europeers nie, nee.
> Wat
> de hel is ek en waarom verstaan jy my verwysings, allusies, spreuke,
gesegdes?
Vertel my presies wat jy is - ek vermoed ons grootste gemene deler is
taal, maar van die res moet jy maar sê.
> "The roots that nurture, and the roots that strangle. They're the only roots
> we have". Arthur Nortjé, swart suid-afrikaanse digter, kort voor sy sterfte in
> Londense bannelingskap nadat die apartheidsregering van die dag hom verban en
> uit die land geskop het.
Lei ek reg af dat jy Kleurlinge en swart Suid Afrikaners in een kassie sit?
Jy sal my redenasie beter volg as jy aanvaar dat ek dit nie doen nie. Ek
sluit die bruinmense uit as ek van swart SuidAfrikaners praat.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25102 is 'n antwoord op boodskap #24840] |
Sun, 01 August 1999 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 31 Jul 1999 22:01:53 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) wrote:
|
|En hoe ver het die Duitsers dit gevoer, hmmmm?
|
|Dis nou op hul eie.
|
|Of die Swede.
|
|Of selfs jou geliefde Italianers?
|
Gaan neem 'n paar boeke by die biblioteek uit en lees self op. Jy kan
begin met die groot-cliche-name: Fermi, Marconi, Einstein,
Schweitzer, Von Braun, ens, ens, ens......
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25147 is 'n antwoord op boodskap #24840] |
Tue, 03 August 1999 00:00   |
ProPacem
Boodskappe: 320 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> "Johan" e...@dot.com
>> Jy vereenselwig jou eerder met 'n Italianer as 'n Swart Afrikaan?
>
> Ja, is dit so moeilik om te glo?
>
In die algemeen, ja. Komende van jou, nee.
> Moenie alweer rassisme hier insleep nie, Leswin.
Wanneer 'n slang jou in die enkel byt, help dit nie om te sê daar is geen slang
nie.
> Is jy 'n Zulu, Sotho of
> dalk Venda?
Natuurlik gaan daar enkele verskille wees in 'n heterogene gemeenskap (en selfs
streeksverskille in 'n homogene gemeenskap). My argument het duidelik angevoer
dat die balans van ooreenkomste teenoor verskille swaarder weeg beide in
vergelyking met groepe binne suid-afrika en selfs meer so met groep buite (jou
italianers).
> Nee, swart mense het eers leer boerewors en biltong eet nadat Europeers dit
> in SA begin maak en verkoop het
En wat beteken dit? Italianers het eers pasta begin eet nadat Marco Polo dit
uit die Ooste gebring het. Jou hot dog is 'n poolse uitvinding. Jazz en blues
(jou land se grootste bydrae tot wereldkultuur, na my mening) het hul oorsprong
in die swart ervaring. Kultuur is nie staties nie, en assimileer en verhef
sekere simbole tot nasionale kultuurgoed (potjiekos en afrikaans, na jou
argument byvoorbeeld, is maar twyfelagtige "witgoed").
>Elke plek in die wereld ruik anders en dit het niks te doen met watter
> kultuurgroep ek my vereenselwig nie.
Jy verstaan nie - en dit blyk nie dat jy daartoe in staat is om daardie
metafisiese, geestelike en magiese konneksie met plek - kultuurplek, mensplek,
ekplek - te vorm nie. 'n Konneksie wat materiële gemaksones ignoreer.
|
|
|
|
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25149 is 'n antwoord op boodskap #24840] |
Tue, 03 August 1999 00:00   |
ProPacem
Boodskappe: 320 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> afro...@my-deja.com
> Ek vermoed die heer Leswin/Propacem is in 'n baie aardige posisie. Hy
> weet hy is nie wit nie :- en se graag so. Hy weet hy is nie swart nie,
> maar se nie dat dit nie so is nie.
okay, ek het per ongeluk die "send-knopie" gedruk alvorend ek my volle reaksie
neergeskryf het. Weer eens, Afrozzie, ek het reeds my beskouiing van my
rassige identiteit by geleentheid hier bespreek. Jy sal opmerk, indien jy
moeite doen om na my eie woorde te luister en nie jou vooropgestelde definisies
van my nie, dat daardie beskrywing joue kontradikteer.
> Verder het hy slegs hierdie NG om sy hoogdraewende woordeboek Afrikaans
> te praat.
Ek het altyd Afrikaans só geskryf. Om dit hier hoogdrawend te noem en later te
sê hoe beindruk jy is daarmee, is 'n helse backhanded kompliment (indien even).
Voorts - alhoewel ek hierdie groep geniet vir die geleentheid wat dit bied om
my beiteltjie te slyp, is dit nie die enigste slypklip daarvoor nie.
> en
> tuis, innie Paarl-Oos in sal hy ook gin indruk maak nie.
Ek het jare in Paarl-Oos gewerk en gebly. En kan die indruk wat ek daar gemaak
het baie beter beoordeel as jy.
|
|
|
Re: Gloudina weet dalk iets! [boodskap #25165 is 'n antwoord op boodskap #24840] |
Wed, 04 August 1999 00:00   |
Arthur Hagen
Boodskappe: 559 Geregistreer: July 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
ProPacem schreef...
>> "Johan" e...@dot.com
>>> Jy vereenselwig jou eerder met 'n Italianer as 'n Swart Afrikaan?
>> Ja, is dit so moeilik om te glo?
> In die algemeen, ja. Komende van jou, nee.
>
Is dat dan echt zo raar? Wanneer 'n Nederlands elftal tegen buitenlands team
voetbalt, hoop ik dat ze winnen. Zijn alle Nederlandse ploegen uitgeschakeld
en is er nog een Belgische in de strijd, dan zal ik die het beste wensen,
zijn die er niet, dan ben ik voor de Duitsers of de Denen of de Noren,
.......... Min of meer naar geografische nabijheid en "culturele"
overeenkomsten (daarom staan de Fransen niet verder naar voren in het rijtje
:)
Ik geloof overigens niet dat iemand daar absoluut niet gevoelig voor is. Men
vereenzelvigt zich nu eenmaal makkelijker met iemand die op hem/haar lijkt.
En dan spreek ik niet over zoiets als huidskleur, maar vooral leeftijd,
sexe, achtergrond, hobbies, woonplaats, beroep en dergelijk. Je bent volgens
mij pas fout bezig als je "minder vereenzelvigen met" gelijk stelt met
"minder waard zijn". Voor mij is anders niet per definitie minder.
Groeten,
Arthur
|
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:58:22 UTC 2025
|