Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Verskil
Re: 'n Verskil [boodskap #24899 is 'n antwoord op boodskap #24498] |
Mon, 26 July 1999 00:00  |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
ProPacem skryf in boodskap news:19990726101346.09211.00002051@ng-cc1.aol.com...
>> e...@dot.com (Johan )
>> Maar ek moet byvoeg dat ek ook nie van aktivisme
>> hou nie en radikale denke stoot my gewoonlik af.
>
> Ek skat verskillende mense heg verskillende betekenisse aan sekere woorde.
> Aktivisme, na my mening is van die weinige meganismes waarlangs sosiale of
> politieke doelwitte gerealiseer word. Inderdaad, na my definisie was
> martin-luther king, margaret mead, einstein, sojourner truth, jose horta,
> biskop tutu, wilberforce, die dalai lama almal aktiviste. Wat hou jy nie van
> nie? En waar dit aktivisme naas radikalisme aangaan - definitief nie dieselfde
> dier nie, maar dit lyk my asof jy hulle wel so beoordeel.
Ja, ek erken, hier het jy my vas! Ek sal baie lank en diep moet dink oor
die een. Maar kom ek gee jou die kort ondeurdagte antwoord. Ek beoordeel
maar elke persoon se radikalisme en aktivisme aan die individuele geval en
kan nie almal oor een kam skeer nie. Aktivisme is vir my wanneer mense
fisies uiting gee aan hulle radikale denke. En vir my beteken dit gewwonlik
'n "beswaarmaak" raamwerk.
Al area waar ek radikaal is, is in my wegbly van radikalisme af. Ek glo dat
meeste dinge in die lewe, sienings en opinies, gebalanseerd moet wees. Maar
soos die res van ons, leef ek ook in 'n wereld waar dinge nie swart of wit
kan wees nie en die hele poel waarhede van die lewe 'n ewig skuiwende
onafgebakende massa van verskillende gryse is.
So is pro-Dalai Lama aktivisme vir my 'n positiewe beweging wat ek graag sal
wil sien vrugte dra, terwyl dieselfde aktivisme vir die Sjinese geweldig
negatief is on hopeloos te prominent is.
Of soos die ou vir my sê: " Ons boere moet saamstaan hier in die vreemde!"
en dan baie trots glimlag oor sy moerse groot positiewe uitspraak, terwyl ek
in my binneste die ou merk as iemand met wie ek dalk nie baie in gemeen het
nie.
|
|
|
Re: 'n Verskil [boodskap #24900 is 'n antwoord op boodskap #24498] |
Mon, 26 July 1999 00:00  |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote:
>
> lou writes:
>
> Maar dan het jy
>> CNN/BBC/CBC en jou familie wat jou 'n juiste prentjie gee
> van wat in SA
>> aangaan.
>
> Dit amuseer my dat jy my familie in
> Suid-Afrika in dieselfde asem meld
> as CNN. Skielik is "my familie" nou
> ook van so 'n aard dat hulle nie
> geglo kan word nie.
As jy die artistieke gesnipte gedeelte bo lees sê ek enigiets nagatiefs
van Cnn en jou Familie? Maar terwyl ons van jou familie skinder - al
ooit gewonder of hulle dalk sê wat jy graag wil hoor?
> Hoe het dit nou
> gebeur? Al die dinamiek wat ek kan
> sien, is dat CNN en my familie se
> verslaggewing nie strook met die soort
> stories oor die huidige SA waarvan jy
> hou nie.
Watter stories hou ek nie van nie?
> Of anders kan jy doen wat
> Leendert probeer doen - my familie
> swartsmeer en hulle van allerhande
> dinge beskuldig.Alles bring jou of
> Leendert egter niks in die sak nie.
Waar het ek jou familie swartgesmeer? Jy praat mos nou bog!
> Hou dus op om smalend van die Black
> Sash te praat. Hulle was bakens van
> lig in die donker van apartheid-SA,
> wit vrouens wat geprotesteer het toe
> swart vrouens wat dieselfde wou doen
> in die tronke gegooi is.
Ek het jou gevra waar die Black Sash anties nou is? Maar jy het nie
geantwoord nie het jy?
>
> Die meeste Black Sash anties het hulle eie gewetes gesalf deur
>> hulle betrokkenheid by die struggle en is ook as sulks gesien deur die
>> 'strugglers'.
>
> Natuurlik. Die "strugglers" het groter
> wild gejag. Hulle wou hulleself van die
> wit imperialisme bevry. Hulle het 'n
> vryheidsoorlog geveg (waarin daar verbasend
> min wit bloed verspil is.) Maar ek dink
> nie jy sou een vryheidsvegter kry wat
> smalend van die Black Sash gepraat het
> nie. En die feit dat jy so hatig teen hul
> is, bewys dat dit jy is wat hulle as
> bedreiging gesien het.
>
Ek vra weer - waar was ek hatig teen die BS? Ek stel net die feite soos
ek dit sien. (In teenstelling van hoe jy dit sien) En wat weet jy van ou
minister Hanekom en Joe Slovo se vrou se 'raise and fall to fame'.
|
|
|
Re: 'n Verskil [boodskap #24901 is 'n antwoord op boodskap #24498] |
Mon, 26 July 1999 00:00  |
ProPacem
Boodskappe: 320 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> e...@dot.com (Johan )
> En vandag? Vandag is hulle gereduseer tot klein ou kantoortjies soos
> die een wat hulle in die Bosmanstraat kerk (NG) in Pretoria huur om ou
> klere te versprei en met drie ou Singers naaldwerk klasse te gee.
Maar Johan, jy sien ook nie abolitionist kantore nie, of women's suffrage
kantore nie, of UDF kantore nie. Die oogmerk is bereik en mits 'n organisasie
'n nuwe missie en doelwit daarstel is dit voor die hand liggend dat die
organisasie sal kwyn. En waar dit jou tweede opmerking aangaam - ek lees nou
die ander dag 'n boek oor die anti-apartheidsbeweging (een van 'n groeiende
getal) en die rol van die Black Sash word duidelik daarin verwoord (indien jy
belangstel sal ek die verwysing aanstuur).
|
|
|
Bladsye (3): [ 3] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 03:53:44 UTC 2025
|