Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Odessa" deur CHARL DURAND
"Odessa" deur CHARL DURAND [boodskap #23143] |
Fri, 21 May 1999 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Odessa
Charl Durand
as ek vorentoe leun
sodat ek beter kan sien
kom jy om die hoek
slank
op jou fiets
odessa
ek sal doodgaan voor jou
odessa
ek sal verdwyn
voor jy onthou
daar's pienk in jou hare
ek kan die kind in jou sien
daar's tyd in jou oë
en woordeboeke soos geslote deure
daar's niemand
wat jou verdien
odessa
praat solank in tale
odessa
vergeet van my
onthou net die dae
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Mon Feb 17 18:42:37 UTC 2025
|