Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Afrikaanse oorspronge
Re: Afrikaanse oorspronge [boodskap #23043] |
Wed, 19 May 1999 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
w.j.ma...@a1.nl (Willem-Jan Markerink) writes:
> but not Portugese (being so close to Mozambique it must of course have had
> Portugese influences).
Aanvanklik, kan ek u asseblief weer
vra om in Nederlands op hierdie
Afrikaanse nuusgroep te praat.Squirrel
is 'n Afrikaans-prater wat probeer
snaaks wees. Ignoreer hom.
Die Portugees wat 'n invloed gehad het
op Afrikaans en suidelike Afrika, was
nie as gevolg van die nabyheid van
die Portugese kolonisering van Mosambiek
nie. Dit was as gevolg van die mengel-
taal Maleis-Portugees, wat algemeen op
die skepe gebruik is in die sewentiende
eeu om die kontak tussen die handelaars
(en slawe-kopers en verkopers) in die
Verre Ooste te vergemaklik. Maleis-
Portugees het dieselfde funksie vervul
as Swahili in Oos-Afrika, en fanagalo
in die myne van suidelike Afrika. Dis
in hierdie taalsoep, waar Nederlandse
sprekers met Maleis-Portugese sprekers
moes onderhandel, dat "veel" verdwyn
het en "baie" in gebruik gekom het.
Waar "kombuis" (galei op 'n skip)
die woord "keuken" verplaas het in
die toekomstige Afrikaans.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Afrikaanse oorspronge [boodskap #23114 is 'n antwoord op boodskap #23043] |
Fri, 21 May 1999 00:00   |
Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331 Geregistreer: May 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article , wrote:
> w.j.ma...@a1.nl (Willem-Jan Markerink) writes:
>
>
>> but not Portugese (being so close to Mozambique it must of course have had
>> Portugese influences).
>
>
> Aanvanklik, kan ek u asseblief weer
> vra om in Nederlands op hierdie
> Afrikaanse nuusgroep te praat.Squirrel
> is 'n Afrikaans-prater wat probeer
> snaaks wees. Ignoreer hom.
Sorry, automatisme, soms merk ik niet eens in welke taal ik aan het tikken
ben, tot ik een moeilijk woord tegenkom....:-))
> Die Portugees wat 'n invloed gehad het
> op Afrikaans en suidelike Afrika, was
> nie as gevolg van die nabyheid van
> die Portugese kolonisering van Mosambiek
> nie. Dit was as gevolg van die mengel-
> taal Maleis-Portugees, wat algemeen op
> die skepe gebruik is in die sewentiende
> eeu om die kontak tussen die handelaars
> (en slawe-kopers en verkopers) in die
> Verre Ooste te vergemaklik.
Ah, okee, weer misgekleund....al doende leert men....:-))
> Maleis-
> Portugees het dieselfde funksie vervul
> as Swahili in Oos-Afrika, en fanagalo
> in die myne van suidelike Afrika. Dis
> in hierdie taalsoep, waar Nederlandse
> sprekers met Maleis-Portugese sprekers
> moes onderhandel, dat "veel" verdwyn
> het en "baie" in gebruik gekom het.
> Waar "kombuis" (galei op 'n skip)
> die woord "keuken" verplaas het in
> die toekomstige Afrikaans.
Grappig....:-))
Nog meer scheepse terminologie in het Afrikaans?
--
Bye,
Willem-Jan Markerink
The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand
[note: 'a-one' & 'en-el'!]
|
|
|
Re: Afrikaanse oorspronge [boodskap #23115 is 'n antwoord op boodskap #23043] |
Fri, 21 May 1999 00:00   |
Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331 Geregistreer: May 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article , wrote:
> w.j.ma...@a1.nl (Willem-Jan Markerink) writes:
>
>
>
> Dis
>>> in hierdie taalsoep, waar Nederlandse
>>> sprekers met Maleis-Portugese sprekers
>>> moes onderhandel, dat "veel" verdwyn
>>> het en "baie" in gebruik gekom het.
>>> Waar "kombuis" (galei op 'n skip)
>>> die woord "keuken" verplaas het in
>>> die toekomstige Afrikaans.
>>
>> Grappig....:-))
>> Nog meer scheepse terminologie in het Afrikaans?
>
>
> Die woord "kooi" vir "bed" is,
> as ek reg onthou, van Maleis-
> Portugese oorsprong. Dit word
> nie gewoonlik in plaas van die
> woord "bed" gebruik nie, maar
> bestaan in die uitdrukking
> "ek gaan nou kooi toe." Ons
> het ook die beddens waarop ons
> in die Noordkaap in die somer
> buite geslaap het, "kooie"
> genoem.
Mmm....in de Nederlandse scheepsterminologie bestaat 'kooi' ook als
betekenis voor 'bed'....geen flauw idee of het een associatie is met het
normale 'kooi' (hekwerk, zoals in een dierentuin), of dat dat zelfs een
gevolg is van het eerste (dus beide afkomstig uit het Maleis/Portugees).
--
Bye,
Willem-Jan Markerink
The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand
[note: 'a-one' & 'en-el'!]
|
|
|
Re: Afrikaanse oorspronge [boodskap #23147 is 'n antwoord op boodskap #23043] |
Sat, 22 May 1999 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Thorsten Mueller writes:
> In die Duitse skipsterminologie is dit 'n "Koje". Ek onthou dat my moeder
> (veral toe ek klein was) dikwels gesê het: "Ich gehe jetzt in die Koje".
> Dus glo ek dat jy reg is. Maar ek twyfel dat die woord 'n Maleise/Portugese
> oorspronk het, want sover ek weet is daar geen Maleise leenwoorde in Duits,
> behalwe "amok". My "Duden-Fremdw�rterbuch" gee die volgende aan: "Koje
> (lat.-niederl.): Schlafstelle auf Schiffen".
Jy moet nie so seker wees dat daar nie
Maleise leenwoorde in Duits is nie! Ek
dink die woord "kooi" (en jou Duitse
woord "koje") kom van die Maleise
woord "kayar" (cord) van "kayaru",( to
be twisted), wat in die American Heritage
Dictionary aangedui word as die oorsprong
van die Engelse woord "coir," (the fiber
obtained from the husk of the coconut,
used in making rope and matting.)
Nederlands en Afrikaans vertaal "coir"
met "klapperhaar", maar ek dink dat die
woord "kooi" in Afrikaans, Nederlands
en dus ook Duits afkom van die Maleisiese
woord "kayar."
Klapperhaar-matrasse was in my kinderdae in
die Noordkaap nog in gebruik. Ons het op
klapperhaar-matrasse buite onder die sterre
geslaap. Ek is seker dat hulle nog in die
Ooste klapperhaar vir hierdie doel gebruik.
Die klapperhaar-matrasse was lekker ferm.
Ek onthou dat my ma nou en dan die matras
oopgemaak het, die klapperhaar gewas het
en gepluis het, en dit dan weer in die
sloop ingesteek het. Daar moes 'n rede wees
hoekom klapperhaar-matrasse wenslik was
vir buiteslaap. Het die klapperhaar-matrasse
gouer drooggeword as daarop gereen word?
(Iets wat nie vreeslik baie in die Noordkaap
gebeur het nie!) Was hulle makliker om dubbel
te vou (die gewoonste manier om hulle teen
die elemente te beskerm gedurende die somer-
maande, en te stoor gedurende die wintermaande.)
Of was klapperhaar-matrasse nou maar net plein
goedkoper en dus makliker vervangbaar as
die meer nuwerwetse westerse maaksels. Ek gaan
tog, die volgende keer as ek in 'n meubel-winkel
kom, vra of daar nog sulke goed is soos klapper-
haarmatrasse.
Gloudina
|
|
|
Re: Afrikaanse oorspronge [boodskap #23148 is 'n antwoord op boodskap #23043] |
Sat, 22 May 1999 00:00   |
roy...
Boodskappe: 68 Geregistreer: April 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
In article ,
"Gervaas Hellin" wrote:
> Lou skryf :
>> - die nuusgroep gaan oor
>> Afrikaan Kultuur en dit kan in enige taal bespreek word.
>
> Ja, nee, ek stem saam.
> want die tema's het in die twee en 'n halwe jaar wat ek hier
> rondloer, nog nie rêrig verander nie.
> Groete.
> Hilda.
Wel, ek dink dat enige iemand wat my eerste plasings op die nuusgroep
(in ENGELS) gelees het, sal weet dat ek hier volkome saamstem. Ek glo
dat kommunikasie die belangrike deel is, nie soseer die taal waarin
gekommunikeer word nie. In elk geval sal enige regdenkende, logiese
persoon toegee dat Engels 'n groot bydrae lewer (nog steeds!) tot die
ontwikkeling en vorming van Afrikaans - kyk maar net deesdae na al die
woorde wat amper direk uit Engels oorgeneem en vertaal word, en wat in
almal se gesprekke hier gebruik word. Selfs Gloudina gebruik 'n paar
woorde hier en daar wat baie na die Engelse woorde terugslaan...
Ek moet se dat my Afrikaans na 5 jaar weg nou weer baie beter is, soos
Nomad opgemerk het - die roes val in stukke af, as gevolg van my
deelname hier. Maar dit is elkeen se individuele keuse om te besluit
watter taal om te gebruik, en ek glo nie daarin om voorskrywend te wees
nie. Niemand en niks kan Afrikaans bedreig nie, behalwe
Afrikaanssprekendes self - die mense wat regtig omgee vir die taal, sal
verseker dat dit voortbestaan.
En Hilda, dieselfde temas sal seker maar oor en oor verskyn - ek het
dit self opgemerk en my daarby berus dat die "culture" deel van die ng
naam nie eintlik verwys na die inhoud van die gesprekke nie. Wonderlik
hoe wys 'n mens kan word na 'n paar maande op 'n nuusgroep...
Groete uit die Paradys
Royleen
>
>
--== Sent via Deja.com http://www.deja.com/ ==--
---Share what you know. Learn what you don't.---
|
|
|
Re: Afrikaanse oorspronge [boodskap #23149 is 'n antwoord op boodskap #23043] |
Sat, 22 May 1999 00:00   |
Thorsten Müller
Boodskappe: 103 Geregistreer: July 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Willem-Jan Markerink wrote:
>> Die woord "kooi" vir "bed" is,
>> as ek reg onthou, van Maleis-
>> Portugese oorsprong. Dit word
>> nie gewoonlik in plaas van die
>> woord "bed" gebruik nie, maar
>> bestaan in die uitdrukking
>> "ek gaan nou kooi toe." Ons
>> het ook die beddens waarop ons
>> in die Noordkaap in die somer
>> buite geslaap het, "kooie"
>> genoem.
>
> Mmm....in de Nederlandse scheepsterminologie bestaat 'kooi' ook als
> betekenis voor 'bed'....geen flauw idee of het een associatie is met het
> normale 'kooi' (hekwerk, zoals in een dierentuin), of dat dat zelfs een
> gevolg is van het eerste (dus beide afkomstig uit het Maleis/Portugees).
In die Duitse skipsterminologie is dit 'n "Koje". Ek onthou dat my moeder
(veral toe ek klein was) dikwels gesê het: "Ich gehe jetzt in die Koje".
Dus glo ek dat jy reg is. Maar ek twyfel dat die woord 'n Maleise/Portugese
oorspronk het, want sover ek weet is daar geen Maleise leenwoorde in Duits,
behalwe "amok". My "Duden-Fremdwörterbuch" gee die volgende aan: "Koje
(lat.-niederl.): Schlafstelle auf Schiffen".
Groete,
Thorsten
|
|
|
|
Re: Afrikaanse oorspronge [boodskap #23167 is 'n antwoord op boodskap #23043] |
Sun, 23 May 1999 00:00   |
Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331 Geregistreer: May 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article , wrote:
> Thorsten Mueller writes:
>
>
>> In die Duitse skipsterminologie is dit 'n "Koje". Ek onthou dat
> my moeder
>> (veral toe ek klein was) dikwels gesê het: "Ich gehe jetzt in
> die Koje".
>> Dus glo ek dat jy reg is. Maar ek twyfel dat die woord 'n
> Maleise/Portugese
>> oorspronk het, want sover ek weet is daar geen Maleise
> leenwoorde in Duits,
>> behalwe "amok". My "Duden-Fremdw�rterbuch" gee die volgende
> aan: "Koje
>> (lat.-niederl.): Schlafstelle auf Schiffen".
>
>
> Jy moet nie so seker wees dat daar nie
> Maleise leenwoorde in Duits is nie! Ek
> dink die woord "kooi" (en jou Duitse
> woord "koje") kom van die Maleise
> woord "kayar" (cord) van "kayaru",( to
> be twisted), wat in die American Heritage
> Dictionary aangedui word as die oorsprong
> van die Engelse woord "coir," (the fiber
> obtained from the husk of the coconut,
> used in making rope and matting.)
>
> Nederlands en Afrikaans vertaal "coir"
> met "klapperhaar", maar ek dink dat die
> woord "kooi" in Afrikaans, Nederlands
> en dus ook Duits afkom van die Maleisiese
> woord "kayar."
>
> Klapperhaar-matrasse was in my kinderdae in
> die Noordkaap nog in gebruik. Ons het op
> klapperhaar-matrasse buite onder die sterre
> geslaap. Ek is seker dat hulle nog in die
> Ooste klapperhaar vir hierdie doel gebruik.
> Die klapperhaar-matrasse was lekker ferm.
> Ek onthou dat my ma nou en dan die matras
> oopgemaak het, die klapperhaar gewas het
> en gepluis het, en dit dan weer in die
> sloop ingesteek het. Daar moes 'n rede wees
> hoekom klapperhaar-matrasse wenslik was
> vir buiteslaap. Het die klapperhaar-matrasse
> gouer drooggeword as daarop gereen word?
> (Iets wat nie vreeslik baie in die Noordkaap
> gebeur het nie!) Was hulle makliker om dubbel
> te vou (die gewoonste manier om hulle teen
> die elemente te beskerm gedurende die somer-
> maande, en te stoor gedurende die wintermaande.)
> Of was klapperhaar-matrasse nou maar net plein
> goedkoper en dus makliker vervangbaar as
> die meer nuwerwetse westerse maaksels. Ek gaan
> tog, die volgende keer as ek in 'n meubel-winkel
> kom, vra of daar nog sulke goed is soos klapper-
> haarmatrasse.
Misschien was het a) beter bestand tegen verrotten *als* het eenmaal
nat/vochtig was geworden, en b) beter bestand tegen insektenvraat?
--
Bye,
Willem-Jan Markerink
The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand
[note: 'a-one' & 'en-el'!]
|
|
|
|
Re: Afrikaanse oorspronge [boodskap #29016 is 'n antwoord op boodskap #23043] |
Tue, 15 February 2000 00:00  |
voer...[1]
Boodskappe: 6 Geregistreer: January 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
On Fri, 21 May 99 01:34:00 GMT, w.j.ma...@a1.nl (Willem-Jan
Markerink) wrote:
..
>> Dis in hierdie taalsoep, waar Nederlandse
>> sprekers met Maleis-Portugese sprekers
>> moes onderhandel, dat "veel" verdwyn
>> het en "baie" in gebruik gekom het.
>> Waar "kombuis" (galei op 'n skip)
>> die woord "keuken" verplaas het in
>> die toekomstige Afrikaans.
>
> Grappig....:-))
> Nog meer scheepse terminologie in het Afrikaans?
>
Kooi - bed
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 16:20:41 UTC 2025
|