Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Namaliedjie" deur PIETER CLAASSENS
"Namaliedjie" deur PIETER CLAASSENS [boodskap #21936] Sat, 20 March 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2172
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
NAMALIEDJIE
Pieter Claassens
(Verse vir 'n windswael, 1980)

hand aan hand
stap ons deur die twa,
jy met jou noe
ek met my ghaai

jou tsammatjies stoot
al kleingoed toe -
wie gaan hom abba,
ek of jy?

o my nambro
my nambro
my wilde swael,
wie gaan ons uit
die gommi haal?

ons tkoeikikwa
wie gaan hom dra -
jy sy gūs
of ek,
sy pa?

twa = Boesmangras
noe = gebreide velletjie wat Hottentot-
meisies voor en agter bedek
ghaai = vel wat man se skaamte bedek
nambro = wilde swael
gommi = moeilikheid/dilemma
tkoeikikwa = tengerige Boesmankindjie
gūs = ma
Vorige onderwerp: Re: COVER UP???
Volgende onderwerp: Nuwe Artikels
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 24 23:58:24 UTC 2025