Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Ontbloot die Nag" van MARLISE JOUBERT
"Ontbloot die Nag" van MARLISE JOUBERT [boodskap #21150] Di, 16 Februarie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2176
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ontbloot die nag
Marlise Joubert

al sou jy nie antwoord nie
en stil word
soos die slapende meeue
en die vlieënde son wat my soms
aan jou gelaat herinner

ontbloot die nag my haar raaisels
terwyl die see haar voete verplaas
met legendes

al sou vergetelheid jou omring
en harige bome jou verblind
al sou jou vorm sterf
tussen die splinters van mense

ontbloot die nag my haar raaisels
my vingers kry koers soos riviere
en die oorsprong is jy
Vorige onderwerp: "Die Toring van Babel" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: Uit " & nou & nou" deur GERT VLOK NEL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 24 03:30:30 MGT 2024