| smeebaar [boodskap #150653] |
Di., 13 Januarie 2026 19:59 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24305 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
smeebaar
Afbreking: smee•baar
Samestelling: smee + -baar
Byvoeglike naamwoord: smeebaar
Vergrotende trap: smeebaarder
Oortreffende trap: smeebaarste
Attributief: smeebare
Partitief: smeebaars
Betekenis:
• Wat gesmee kan word; in 'n vorm gebuig kan word sonder om te breek.
Gebruik:
• Goud, koper en yster is smeebare metale.
• Gietyster is 'n legering van yster en koolstof wat gietbaar, maar nie smeebaar is nie.
Wisselvorm:
• smeedbaar
Sinoniem:
• buigbaar
• buigsaam
• pletbaar
• plooibaar
• vormbaar
Antoniem:
• onsmeebaar
Afgelei:
• smeebaarheid
Vertaling:
Engels: malleable, forgeable
Nederlands: smeedbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo., 14 Januarie 2026 05:59] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|