| selstruktuur [boodskap #150615] |
Ma., 05 Januarie 2026 13:10 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24288 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
selstruktuur
Afbreking: sel•struk•tuur
Samestelling: sel + struktuur
Selfstandige naamwoord: selstruktuur
Meervoud: selstrukture
Betekenis:
• Die algehele uitleg van 'n biologiese sel, of een van die komponente waaruit 'n lewende sel bestaan.
Gebruik:
• Die selstruktuur van dierlike selle verskil van dié van plantselle.
Hiponiem:
• endoplasmiese retikulum
• Golgi-liggaam
• lisosoom
• mitochondrion
• plastied
• ribosoom
• selkern
• selmembraan
• selwand
• sitoplasma
• vakuool
Vertaling:
Engels: cell structure, cellular structure
Nederlands: celstructuur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|