Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » begenadig
begenadig [boodskap #150572] Vr., 26 Desember 2025 19:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24213
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
begenadig
Afbreking: be•ge•na•dig
Samestelling: be- + genadig


Werkwoord: begenadig
Verlede tyd: het begenadig
Teenwoordige deelwoord: begenadigend, begenadigende
Verlede deelwoord: begenadigde

Betekenis:
• Om genade te betoon.

Gebruik:
• Die koning het die ter dood veroordeelde begenadig.

Sinoniem:
• kwytskeld
• vergewe
• verontskuldig

Afgelei:
• begenadigde
• begenadiger
• begenadiging

Vertaling:
Engels: to pardon, forgive, reprieve
Nederlands: begenadigen


Byvoeglike naamwoord: begenadig
Attributief: begenadigde

Betekenis:
• Wat genade ontvang het.

Gebruik:
• Ons is begenadigde sondaars.

Vertaling:
Engels: forgiven, pardoned
Nederlands: begenadigd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: krampagtig
Volgende onderwerp: buskruit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 27 08:20:39 UTC 2025