| versmelt [boodskap #150462] |
Ma., 08 Desember 2025 12:46 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24152 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
versmelt
Afbreking: ver•smelt
Samestelling: ver- + smelt
Werkwoord: versmelt
Verlede tyd: het versmelt
Teenwoordige deelwoord: versmeltend, versmeltende
Verlede deelwoord: versmelte
Betekenis:
• Om voorwerpe te smelt sodat dit in mekaar in loop.
• Om tot 'n eenheid saam te voeg; in mekaar oorgaan.
Gebruik:
• Die goud en silwer word in 'n smeltkroes versmelt.
• Die twee munisipaliteite het versmelt om 'n groter munisipaliteit te vorm.
Spreekwoord:
• In trane versmelt. [Hard huil.]
Sinoniem:
• saamsmelt
• saamvloei
• verenig
• vervloei
• wegsmelt
Afgelei:
• versmeltbaar
• versmelting
Vertaling:
Engels: to melt, dissolve; to coalesce, fuse
Nederlands: versmelten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|