Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lewensbeskouing
lewensbeskouing [boodskap #150453] So., 07 Desember 2025 10:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24133
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lewensbeskouing
Afbreking: le•wens•be•skou•ing
Samestelling: lewens + beskouing


Selfstandige naamwoord: lewensbeskouing
Meervoud: lewensbeskouinge, lewensbeskouings

Betekenis:
• Die manier waarop iemand die lewe verstaan en interpreteer.

Gebruik:
• Drie faktore het sy lewensbeskouing gevorm: sy geloof en opvoeding, sy teologiese opleiding, en die invloed van mense met wie hy geestelik geassosieer het.

Sinoniem:
• filosofie
• ideologie
• lewensfilosofie
• lewenshouding
• lewensopvatting
• lewensuitkyk
• wêreldbeeld
• wêreldbeskouing

Vertaling:
Engels: views on life, life stance
Nederlands: levensbeschouwing

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skerpmaak
Volgende onderwerp: harsagtig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 16 07:09:12 UTC 2025