Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ronddwaal
ronddwaal [boodskap #150298] Vr., 21 November 2025 19:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24158
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ronddwaal
Afbreking: rond•dwaal
Samestelling: rond + dwaal


Werkwoord: dwaal rond, ronddwaal
Verlede tyd: het rondgedwaal
Teenwoordige deelwoord: ronddwalend, ronddwalende
Verlede deelwoord: rondgedwaalde

Betekenis:
• Om sonder spesifieke doel of rigting rond te beweeg.

Gebruik:
• Die rondloperhond dwaal deur die stad se strate rond.
• Israel het veertig jaar lank in die woestyn rondgedwaal, terwyl die reis net elf dae moes duur.

Sinoniem:
• dool
• drentel
• leeglê
• ronddool
• rondgaan
• rondloop
• rondswerf
• rondtrek
• slenter
• swerf

Vertaling:
Engels: to wander about
Nederlands: ronddwalen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gedenksteen
Volgende onderwerp: tassin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 21 16:05:01 UTC 2025