Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » langslewende
langslewende [boodskap #150274] Di., 18 November 2025 14:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
langslewende
Afbreking: langs•le•wen•de
Samestelling: langslewend + -e


Selfstandige naamwoord: langslewende
Meervoud: langslewendes

Betekenis:
• Die een wat die langste leef.

Gebruik:
• Die langslewende sal die vruggebruik van die huis ontvang.

Spreekwoord:
• Die langslewende erf niks. [Die boedel is bankrot.]

Sinoniem:
• oorblywende
• oorlewende

Vertaling:
Engels: survivor
Nederlands: langstlevende


Byvoeglike naamwoord: langslewend
Attributief: langslewende

Betekenis:
• Wat die heel langste leef.

Gebruik:
• Glassponse is die langslewende diere op aarde.

Vertaling:
Engels: longest-living, surviving
Nederlands: langstlevende

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: langslewend
Volgende onderwerp: plektrum
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 30 05:05:02 UTC 2025