| voorgaan [boodskap #150200] |
So., 09 November 2025 19:54 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24105 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
voorgaan
Afbreking: voor•gaan
Samestelling: voor + gaan
Werkwoord: gaan voor, voorgaan
Verlede tyd: het voorgegaan
Teenwoordige deelwoord: voorgaande
Betekenis:
• Om die leiding te neem.
• Om eerste te gaan.
Gebruik:
• Sal jy vir ons voorgaan in gebed?
• Baie mense het jou reeds voorgegaan en nog meer sal volg.
Sinoniem:
• aanvoer
• lei
• voorloop
• vooruitgaan
• vooruitloop
Afgelei:
• voorganger
Vertaling:
Engels: to lead, lead the way, precede
Nederlands: voorgaan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|