| Swazi [boodskap #150198] |
So., 09 November 2025 19:03 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24085 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Swazi
Afbreking: Swa•zi
Uitspraak: /ˈsvɑːzi/, /ˈsʋɑːzi/
Selfstandige naamwoord: Swazi
Meervoud: Swazi's
Betekenis:
• 'n Lid van die Ngunistam van Swaziland (Eswatini).
Gebruik:
• Daar is baie Swazi's wat in Suid-Afrika woon en werk.
Sinoniem:
• Swazilander
• Swati
Vertaling:
Engels: Swazi, Swati
Nederlands: Swazi, Swaziër
Tswana: Moswati
Zoeloe: iSwazi
Selfstandige naamwoord: Swazi
Meervoud: –
Betekenis:
• Die amptelike taal van Swaziland, asook een van die ampstale van Suid-Afrika.
Gebruik:
• Kan jy Swazi praat?
Sinoniem:
• Swati
Vertaling:
Engels: Swazi, Swati
Nederlands: Swazi, Swati
Xhosa: isiSwazi
Zoeloe: isiSwazi
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|