| kwadraties [boodskap #150150] |
Do., 06 November 2025 09:35 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24163 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kwadraties
Afbreking: kwa•dra•ties
Samestelling: kwadraat + -ies
Byvoeglike naamwoord: kwadraties
Attributief: kwadratiese
Betekenis:
• Betreffende 'n kwadraat (die tweede mag van 'n getal of veranderlike).
Gebruik:
• Die funksie f(x) = 2x2 + 3x + 2 is kwadraties, want die hoogste mag van x is 2.
• Die grafiek van 'n kwadratiese funksie is 'n parabool.
Sinoniem:
• vierkantig
Hiponiem:
• bikwadraties
Verwant:
• kwadraat
• kwadreer
Vertaling:
Engels: quadratic
Nederlands: kwadratisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|