Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pion
pion [boodskap #150136] Wo., 05 November 2025 06:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24241
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pion
Afbreking: pi•on


Selfstandige naamwoord: pion
Meervoud: pionne
Verkleinwoord: pionnetjie
Meervoud van verkleining: pionnetjies

Betekenis:
• Die skaakstuk (♙♟) met die minste waarde wat die maklikste opgeoffer word.
• (figuurlik) Iemand wat deur ander gemanipuleer word.

Gebruik:
• Elke speler begin die spel met 8 pionne, wat in die tweede ry op die bord geplaas word.
• Pasop dat hulle jou nie net as 'n pionne in hul magstryd misbruik nie.

Vertaling:
Engels: pawn
Nederlands: pion


Selfstandige naamwoord: pion
Meervoud: pione

Betekenis:
• 'n Subatomiese deeltjie wat uit twee kwarke bestaan.

Gebruik:
• 'n Pion kan 'n positiewe, negatiewe of neutrale lading hê.

Sinoniem:
• π-meson

Hiperoniem:
• meson

Vertaling:
Engels: pion
Nederlands: pion

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: parasiteer
Volgende onderwerp: arglistig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Jan. 01 08:43:16 UTC 2026