| jute [boodskap #149927] |
Sa., 18 Oktober 2025 08:04 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24177 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
jute
Afbreking: ju•te
Selfstandige naamwoord: jute
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Growwe, taai plantvesel (basveselstof) van die stingels van plante in die genus Corchorus waarvan sakke, tapyte en toue gemaak word.
Gebruik:
• Die graan word in goiingsakke, wat van jute gemaak is, geberg.
Wisselvorm:
• juut
Afgelei:
• juteagtig
• jutefabriek
• jutegaring
• jutespinnery
• jutevesel
• jutewewery
Vertaling:
Engels: jute
Nederlands: jute
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|