| veragting [boodskap #149926] |
Sa., 18 Oktober 2025 07:32 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24165 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
veragting
Afbreking: ver•ag•ting
Samestelling: verag(t) + -ing
Selfstandige naamwoord: veragting
Meervoud: veragtinge, veragtings
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van verag (om as minderwaardig te beskou).
Gebruik:
• Herodes, saam met sy soldate, het Jesus met veragting bespot. [Lukas 23:11]
Sinoniem:
• afkeer
• hoon
• minagting
• versmading
Hiponiem:
• selfveragting
• doodsveragting
Vertaling:
Engels: contempt, despisal, disdain, scorn
Nederlands: verachting
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|