Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » afwas
afwas [boodskap #149906] Ma., 13 Oktober 2025 18:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24241
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afwas
Afbreking: af•was
Samestelling: af + was


Werkwoord: was af, afwas
Verlede tyd: het afgewas
Verlede deelwoord: afgewaste

Betekenis:
• Om te was om iets (soos vuiligheid) te verwyder.
• (figuurlik) Om van sonde te reinig.

Gebruik:
• Hy was sy gesig af. Sal jy asseblief die skottelgoed afwas en wegpak?
• Jesus het ons sondes met sy bloed afgewas.

Sinoniem:
• afspoel
• afvee
• reinig
• skoonmaak
• skoonwas
• uitspoel
• uitwas

Afgelei:
• afwasbaar
• afwasbak
• afwassing
• afwasstokkie
• afwaswater
• afwaswerk

Vertaling:
Engels: to wash off, clean down
Nederlands: afwassen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ronddraai
Volgende onderwerp: waterloop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Jan. 02 17:00:08 UTC 2026