| afvalwater [boodskap #149728] |
So., 28 September 2025 17:49 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24305 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afvalwater
Afbreking: af•val•wa•ter
Samestelling: afval + water
Selfstandige naamwoord: afvalwater
Meervoud: –
Betekenis:
• Die gebruikte water vanaf huise en fabrieke wat nie meer benodig word nie.
Gebruik:
• Die fabriek se afvalwater besoedel die rivier.
Sinoniem:
• gryswater
• rioolwater
• swartwater
Afgelei:
• afvalwateraanleg
• afvalwaterbehandeling
• afvalwatersuiwering
• afvalwaterverwerking
Vertaling:
Engels: waste water, effluent
Nederlands: afvalwater
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|