| onewe [boodskap #149639] |
Ma., 22 September 2025 15:54 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onewe
Afbreking: on•e•we
Samestelling: on- + ewe
Byvoeglike naamwoord: onewe
Attributief: onewe
Betekenis:
• Wat nie (sonder 'n res) deur twee gedeel kan word nie.
• Wat ongelyk en nie mooi egalig is nie.
Gebruik:
• Een, drie, vyf en sewe is onewe getalle.
• Die oppervlak is onewe.
Sinoniem:
• asimmetries
• oneffe
• ongelyk
• skurf
Antoniem:
• ewe
Afgelei:
• onewenheid
Vertaling:
Engels: odd, uneven
Nederlands: oneven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|