| Oudnederlands [boodskap #149542] |
Ma., 15 September 2025 07:11 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Oudnederlands
Afbreking: Oud•ne•der•lands
Samestelling: Oud + Nederlands
Uitspraak: /ˈəʊ̯tˌniə̯dərlɑnts/, /ˈəʊ̯tˌniə̯dərlɑns/
Selfstandige naamwoord: Oudnederlands
Meervoud: –
Betekenis:
• Die ou Nederlandse taal van die vroeë Middeleeue (ongeveer 500 tot 1150 n.C.)
Gebruik:
• Oudnederlands was die eerste gestaafde periode van Nederlands wat later tot Middelnederlands, en op sy beurt tot moderne Nederlands en Afrikaans, ontwikkel het.
Sinoniem:
• Oudwes-Nederfrankies
Vertaling:
Duits: Altniederländisch
Engels: Old Dutch, Old West Low Franconian
Nederlands: Oudnederlands, Oud-Westnederfrankisch
Byvoeglike naamwoord: Oudnederlands
Attributief: Oudnederlandse
Betekenis:
• Van of betreffende die Ou Nederlanders, of die Ou Nederlandse taal.
Gebruik:
• Dit lyk soos 'n Oudnederlandse woord.
Vertaling:
Duits: altniederländisch
Engels: Old Dutch
Nederlands: Oudnederlands
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|