| karakteristiek [boodskap #149521] |
So., 14 September 2025 08:50 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
karakteristiek
Afbreking: ka•rak•te•ri•stiek
Samestelling: karakter + -istiek
Selfstandige naamwoord: karakteristiek
Meervoud: karakteristieke
Betekenis:
• 'n Kenmerkende eienskap of besonderheid. Dit wat iets of iemand karakteriseer.
Gebruik:
• 'n Lae lewenstandaard is 'n karakteristiek van ontwikkelende lande.
Sinoniem:
• attribuut
• eienskap
• kenmerk
• tipering
• trek
Vertaling:
Engels: characteristic
Nederlands: karakteristiek
Byvoeglike naamwoord: karakteristiek
Vergrotende trap: karakteristieker
Oortreffende trap: karakteristiekste
Attributief: karakteristieke
Betekenis:
• Wat kenmerkend of eie aan iets is.
Gebruik:
• Die voël kan maklik aan sy karakteristieke roep uitgeken word.
Sinoniem:
• karakteriserend
• kenmerkend
• kentekenend
• tiperend
Vertaling:
Engels: characteristic
Nederlands: karakteristiek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|