Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Is dit reg?
Is dit reg? [boodskap #20056] Do, 21 Januarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ja julle lot

Daar is baie mense wat sterk persoonlike gevoelens het oor (of betrokkenheid
het by) een of ander saak of oortuiging.

Voorbeelde sluit in mense wat deur persoonlike omstandighede een of ander
situasie het om mee saam te leef (se maar blindheid, of Aids). 'n Ander
voorbeeld is mense wat, as 'n gevolg van hulle opvoeding of ander invloed,
sterk gevoelens het oor een of ander geloof, se maar Islam of Christendom.

Byvoorbeeld, in die meeste kringe is siek grappies oor iets soos Aids nie
regtig aanvaarbaar nie, en dit is totaal ondenkbaar om 'n siek grappie oor
Aids te maak in die teenwoordigheid van iemand met die siekte. Dieselfde
geld vir rassistiese opmerkings, veral in die geselskap van persone wat die
onderwerp van so 'n opmerking of "grappie" is. Om 'n ekstreme voorbeeld te
noem - wie sou 'n rassistiese opmerking maak in die gelselskap van, se maar,
Hugh Masekela?

Ek dink 'n paar van die boodskappe in die laaste paar dae is doelbewus
offensief en Godslasterlik. Mens hoef nie self 'n Christen of Moslem te wees
om mense wat Christene of Moslems is te respekteer nie. Dieselfde geld vir
ander gelowe en oortuigings.

Vir die op wie dit van toepassing is: Kry 'n ander plek om jou vooroordele
en persoonlike onsekerhede te verkondig, of stel jou saak soos iemand wat 'n
bietjie respek vir andere se oortuigings of omstandighede het.

Bees
Re: Is dit reg? [boodskap #20102 is 'n antwoord op boodskap #20056] Vr, 22 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Bees" wrote:
> Ja julle lot
>
> Daar is baie mense wat sterk persoonlike gevoelens het oor (of betrokkenheid
> het by) een of ander saak of oortuiging.
>
> Voorbeelde sluit in mense wat deur persoonlike omstandighede een of ander
> situasie het om mee saam te leef (se maar blindheid, of Aids). 'n Ander
> voorbeeld is mense wat, as 'n gevolg van hulle opvoeding of ander invloed,
> sterk gevoelens het oor een of ander geloof, se maar Islam of Christendom.
>
> Byvoorbeeld, in die meeste kringe is siek grappies oor iets soos Aids nie
> regtig aanvaarbaar nie, en dit is totaal ondenkbaar om 'n siek grappie oor
> Aids te maak in die teenwoordigheid van iemand met die siekte. Dieselfde
> geld vir rassistiese opmerkings, veral in die geselskap van persone wat die
> onderwerp van so 'n opmerking of "grappie" is. Om 'n ekstreme voorbeeld te
> noem - wie sou 'n rassistiese opmerking maak in die gelselskap van, se maar,
> Hugh Masekela?
>
> Ek dink 'n paar van die boodskappe in die laaste paar dae is doelbewus
> offensief en Godslasterlik. Mens hoef nie self 'n Christen of Moslem te wees
> om mense wat Christene of Moslems is te respekteer nie. Dieselfde geld vir
> ander gelowe en oortuigings.
>
> Vir die op wie dit van toepassing is: Kry 'n ander plek om jou vooroordele
> en persoonlike onsekerhede te verkondig, of stel jou saak soos iemand wat 'n
> bietjie respek vir andere se oortuigings of omstandighede het.
>
> Bees
>
Bees, jy is reg en loop voor in die trop.

Billy.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Is dit reg? [boodskap #20164 is 'n antwoord op boodskap #20056] Sa, 23 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Bees wrote in message ...

>
> Ek dink 'n paar van die boodskappe in die laaste paar dae is doelbewus
> offensief en Godslasterlik. Mens hoef nie self 'n Christen of Moslem te wees
> om mense wat Christene of Moslems is te respekteer nie. Dieselfde geld vir
> ander gelowe en oortuigings.
>
> Vir die op wie dit van toepassing is: Kry 'n ander plek om jou vooroordele
> en persoonlike onsekerhede te verkondig, of stel jou saak soos iemand wat 'n
> bietjie respek vir andere se oortuigings of omstandighede het.

Jy verstaan verkeerd, ou Bees: Dis alles "legacy of apartheid". Vra vir
Gloudina.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Urgint trans-late pleese
Volgende onderwerp: Re: Wat is die reëls....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Sep 23 13:29:53 MGT 2024