Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vernis
vernis [boodskap #149341] Vr., 29 Augustus 2025 19:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24205
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vernis
Afbreking: ver•nis


Selfstandige naamwoord: vernis
Meervoud: vernisse

Betekenis:
• 'n Deursigtige lak wat ter beskerming op o.a. hout, metaal en verf aangebring word.

Gebruik:
• Sy het die kassie afgeskuur en 'n laag vernis aangebring.

Hiponiem:
• harsvernis
• lakvernis
• meubelvernis
• olievernis
• strykvernis
• teervernis

Afgelei:
• vernislaag
• vernisser
• vernissing

Vertaling:
Engels: varnish
Nederlands: vernis


Werkwoord: vernis
Verlede tyd: het vernis, het gevernis
Verlede deelwoord: verniste

Betekenis:
• Om 'n laag glansende beskerming aan te bring.

Gebruik:
• Skuur asseblief die tafel af en vernis dit.

Vertaling:
Engels: to varnish
Nederlands: vernissen


Byvoeglike naamwoord: vernis
Attributief: verniste

Betekenis:
• Wat ter beskerming met lak bestryk is.

Gebruik:
• Die verniste houtvloer skitter in die lig.

Antoniem:
• onvernis

Vertaling:
Engels: varnished
Nederlands: gevernist

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: intensie
Volgende onderwerp: suiwerheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 26 16:01:04 UTC 2025