Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vashaak
vashaak [boodskap #149329] Do., 28 Augustus 2025 12:08
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24136
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vashaak
Afbreking: vas•haak
Samestelling: vas + haak


Werkwoord: haak vas, vashaak
Verlede tyd: het vasgehaak

Betekenis:
• Om te haak sodat beweging of vooruitgang verhinder word.
• Om stewig aan iets anders vas te heg of vas te maak.
• (figuurlik) Om vas te brand, of êrens vas te steek.

Gebruik:
• Haar trui haak aan die draadheining vas.
• Hy het die sleepwa aan die bakkie vasgehaak.
• Raadpleeg jou handboek as jy vashaak. Hy het weer in die kroeg vasgehaak.

Sinoniem:
• aanhaak
• aaneenkoppel
• koppel
• vasheg
• vaskoppel
• vasmaak
• vassit
• vassteek
• vasval

Antoniem:
• loshaak

Afgelei:
• vashaakpaal
• vashaakplek

Vertaling:
Engels: to hook on, hook together
Nederlands: vasthaken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bedeeld
Volgende onderwerp: opsysit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Des. 18 19:20:33 UTC 2025