| drinker [boodskap #149247] |
Do., 21 Augustus 2025 09:18 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24169 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
drinker
Afbreking: drin•ker
Samestelling: drink + -er
Selfstandige naamwoord: drinker
Meervoud: drinkers
Verkleinwoord: drinkertjie
Meervoud van verkleining: drinkertjies
Betekenis:
• Iemand wat iets drink.
• Persoon wat alkohol gebruik (dikwels in oormaat).
Gebruik:
• Muskiete is drinkers van bloed.
• Hy is 'n strawwe drinker en slaan sy vrou elke dag.
Sinoniem:
• alkoholis
• dopsteker
• drinkebroer
• dronklap
• kroegloper
• suiplap
Hiponiem:
• alkoholdrinker
• bierdrinker
• bloeddrinker
• gewoontedrinker
• jenewerdrinker
• kwartaaldrinker
• melkdrinker
• spiritusdrinker
• teedrinker
• wyndrinker
Vertaling:
Engels: drinker; boozer, drunkard
Nederlands: drinker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|