Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » alte
alte [boodskap #149202] Ma., 18 Augustus 2025 18:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24308
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
alte
Afbreking: al•te
Samestelling: al + te


Bywoord: alte

Betekenis:
• Baie; beslis.

Gebruik:
• Dis alte lekker!
• Dit is maar alte waar.
• Ons sal alte graag help.

Spreekwoord:
Alte goed is andermansgek. [As jy te goedhartig is, word jy bespot.]

Vertaling:
Engels: too, only too
Nederlands: alte


Selfstandige naamwoord: alt
Meervoud: alte

Betekenis:
• Meervoud van alt ('n lae vrouestem, of 'n vrou met so 'n stem).

Gebruik:
• Hoeveel alte sing in die koor?

Vertaling:
Engels: altos
Nederlands: alten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: liberalisme
Volgende onderwerp: rampgebied
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Jan. 16 09:29:13 UTC 2026