Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » opgang
opgang [boodskap #149153] Vr., 15 Augustus 2025 19:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24133
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opgang
Afbreking: op•gang
Samestelling: op + gang


Selfstandige naamwoord: opgang
Meervoud: opgange

Betekenis:
• 'n Opwaartse beweging, of 'n pad wat boontoe loop.
• (figuurlik) Om gewild te word.

Gebruik:
• Van die opgang van die son tot by sy ondergang moet die Naam van die HERE geloof word! [Psalms 113:3]
• Mordegai het vinnig opgang gemaak in die koning se hofhouding.

Sinoniem:
• beklimming
• opkoms
• opdraande
• styging

Antoniem:
• ondergang

Hiponiem:
• maansopgang
• sonsopgang

Vertaling:
Engels: ascent, rise; success, fame
Nederlands: opgang

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geleiding
Volgende onderwerp: werksaamheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 13 21:50:21 UTC 2025