Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » leenheer
leenheer [boodskap #149150] Vr., 15 Augustus 2025 18:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24133
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
leenheer
Afbreking: leen•heer
Samestelling: leen + heer


Selfstandige naamwoord: leenheer
Meervoud: leenhere
Verkleinwoord: leenheertjie
Meervoud van verkleining: leenheertjies

Betekenis:
• Persoon wat iets uitleen (histories 'n vors wat land in ruil vir trou aan 'n leenman leen).

Gebruik:
• Die koning is gedwing om die pous as sy feodale leenheer te erken nadat die pous die Franse koning aangespoor het om Engeland aan te val.

Sinoniem:
• landheer

Antoniem:
• leenman
• vasal

Hiponiem:
• agterleenheer
• opperleenheer

Vertaling:
Engels: feudal lord, liege lord, thegn
Nederlands: leenheer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: afgooi
Volgende onderwerp: metaalplaat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 12 23:00:41 UTC 2025