| metriek [boodskap #149131] |
Do., 14 Augustus 2025 14:36 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24163 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
metriek
Afbreking: me•triek
Byvoeglike naamwoord: metriek
Attributief: metrieke
Betekenis:
• Betreffende die metrieke stelsel, of in metrieke eenhede afgemeet.
Gebruik:
• Die meter, kilogram en liter is metrieke eenhede.
• Een metrieke ton is 1000 kg.
Vertaling:
Engels: metric
Nederlands: metriek
Selfstandige naamwoord: metriek
Meervoud: woorde
Betekenis:
• (poësie) Die leer van die versbou, of die gebruik van metrum, die maat waarin 'n vers geskryf is.
• (wiskunde) Funksie wat die afstand tussen enige paar elemente van 'n versameling definieer.
Gebruik:
• Die gebrekkige metriek maak dit moeilik om die gedig te lees.
• Die metriek of afstandsfunksie is 'n formule wat beskryf hoe verplasing deur 'n bepaalde ruimte in afstande uitgedruk word.
Vertaling:
Engels: metric
Nederlands: metriek
Nota:
• Moenie "metriek" met "matriek" (graad 12) verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|