| timmerman [boodskap #149076] |
Sa., 09 Augustus 2025 19:19 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24152 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
timmerman
Afbreking: tim•mer•man
Samestelling: timmer + man
Selfstandige naamwoord: timmerman
Meervoud: timmermans, timmermanne, timmerlui
Verkleinwoord: timmermannetjie
Meervoud van verkleining: timmermannetjies
Betekenis:
• 'n Ambagsman wat houtwerk doen.
Gebruik:
• Die timmerman bou 'n nuwe kombuiskas.
Sinoniem:
• houtwerker
• kabinetmaker
• meubelmaker
Hiponiem:
• baastimmerman
• myntimmerman
• skeepstimmerman
Afgelei:
• timmermansambag
• timmermansbaas
• timmermansbeitel
• timmermansbyl
• timmermansgereedskap
• timmermanspotlood
• timmermanswinkel
• timmermanswerk
• timmermanswerkplaas
Vertaling:
Engels: carpenter
Nederlands: timmerman
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|