| mobiel [boodskap #148947] |
So., 03 Augustus 2025 10:28 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24291 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
mobiel
Afbreking: mo•biel
Byvoeglike naamwoord: mobiel
Vergrotende trap: mobieler
Oortreffende trap: mobielste
Attributief: mobiele
Partitief: mobiels
Betekenis:
• Wat beweeglik is; maklik vervoer of rondgedra kan word.
Gebruik:
• Deesdae gebruik almal mobiele fone.
Sinoniem:
• beweeglik
• beweegbaar
• draagbaar
• marsvaardig
• reisend
• reisvaardig
• roerend
• verskuifbaar
• verplaasbaar
• vervoerbaar
Antoniem:
• immobiel
• stasionêr
Afgelei:
• mobiliseer
Vertaling:
Engels: mobile
Nederlands: mobiel
Selfstandige naamwoord: mobiel
Meervoud: mobiele
Betekenis:
• Iets wat rondbeweeg kan word, soos 'n kunswerk wat in die lug beweeg, of 'n voertuig op wiele met eie aandrywing.
Gebruik:
• Sy het 'n kleurvolle mobiel oor die baba se bed gehang.
Afgelei:
• lokomobiel
• outomobiel
• sneeumobiel
Vertaling:
Engels: mobile
Nederlands: mobiel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|