Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » afbaken
afbaken [boodskap #148891] Do., 31 Julie 2025 09:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24180
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afbaken
Afbreking: af•ba•ken
Samestelling: af + baken


Werkwoord: baken af, afbaken
Verlede tyd: het afgebaken
Verlede deelwoord: afgebakende

Betekenis:
• Om die grens van iets met bakens/tekens uit te merk.
• (figuurlik) Om iets nader te bepaal.

Gebruik:
• Die boer baken 'n nuwe kamp af.
• Die onderwyser het die leermateriaal vir die eksamen duidelik afgebaken.

Sinoniem:
• aandui
• aantoon
• afgrens
• afmeet
• afpaal
• afpen
• afperk
• afsper
• bepaal
• delinieer
• demarkeer
• omhein
• omlyn
• toespan
• vasstel

Afgelei:
• afbakening

Vertaling:
Engels: to beacon off, mark out, demarcate, delimit
Nederlands: afbakenen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: silwerig
Volgende onderwerp: aanhang
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Des. 24 14:31:03 UTC 2025