| watervlak [boodskap #148850] |
Di., 29 Julie 2025 18:25 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24298 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
watervlak
Afbreking: wa•ter•vlak
Samestelling: water + vlak
Selfstandige naamwoord: watervlak
Meervoud: watervlakke
Betekenis:
• Die hoogte of vlak tot waar die water kom.
Gebruik:
• Ná die droogte het die dam se watervlak kwaai gedaal.
Sinoniem:
• waterhoogte
• waterpeil
• waterspieël
• waterstand
Hiponiem:
• grondwatervlak
Vertaling:
Engels: water level, water line
Nederlands: watervlak
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|