| poef [boodskap #148796] |
Vr., 25 Julie 2025 14:28 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
poef
Afbreking: poef
Tussenwerpsel: poef
Betekenis:
• (onomatopee) Die dowwe klank van iets wat val of ontplof.
• 'n Uitroep van afkeur.
Gebruik:
• Poef sê die pens en weg is die mens.
• Poef, maar dit stink!
Engels: poof!
Nederlands: poef!
'n Poef.
Selfstandige naamwoord: poef
Meervoud: poefe, poefs
Betekenis:
• 'n Opgestopte vloerkussing wat as sitplek of voetbank dien.
Gebruik:
• Afhangende van die vulsel kan 'n poef hinderlike geluide maak soos die gebruiker van posisie verander.
Sinoniem:
• sitsak
• sitkussing
Vertaling:
Engels: beanbag
Nederlands: poef, zitzak
Selfstandige naamwoord: poef
Meervoud: poefe, poewe
Verkleinwoord: poefie
Meervoud van verkleining: poefies
Betekenis:
• Onverteerde voedselreste.
Gebruik:
• Kyk dat jy nie in die poef trap nie.
Sinoniem:
• feses
• ontlasting
Vertaling:
Engels: poo
Nederlands: poef
Werkwoord: poef
Verlede tyd: het gepoef
Betekenis:
• Om te ontlas.
Gebruik:
• Wil jy piepie of poef?
• Hy het in sy broek gepoef.
Vertaling:
Engels: to poop
Nederlands: poepen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|