| skinkkuil [boodskap #148692] |
Sa., 19 Julie 2025 07:20 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skinkkuil
Afbreking: skink•kuil
Samestelling: skink + kuil
Selfstandige naamwoord: skinkkuil
Meervoud: skinkkuile
Verkleinwoord: skinkkuiltjie
Meervoud van verkleining: skinkkuiltjies
Betekenis:
• 'n Ronde inkeping (of kuiltjie) in die bodem van 'n wynbottel.
Gebruik:
• Die skinker kan die wynglase met een hand volmaak deur sy duim in die bottel se skinkkuil te druk.
Sinoniem:
• skinkgaatjie
• duimgaatjie
Vertaling:
Engels: punt
Nederlands: ziel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|