| wiskundige [boodskap #148608] |
So., 13 Julie 2025 08:18 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wiskundige
Afbreking: wis•kun•di•ge
Samestelling: wiskunde + -ige
Selfstandige naamwoord: wiskundige
Meervoud: wiskundiges
Betekenis:
• 'n Wetenskaplike wat wiskunde beoefen.
Gebruik:
• Talle wiskundiges het al probeer om die probleem op te los.
Afkorting:
• wisk.
Vertaling:
Engels: mathematician
Nederlands: wiskundige
Byvoeglike naamwoord: wiskundig
Attributief: wiskundige
Partitief: wiskundigs
Betekenis:
• Wat op wiskunde betrekking het, of daarvan gebruik maak.
Gebruik:
• Leerders wat nie die basiese wiskundige konsepte in vroeë grade bemeester nie, sal waarskynlik verder agterbly soos hulle deur die skool vorder.
Vertaling:
Engels: mathematic, mathematical
Nederlands: wiskundig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|