| nabyaardevoorwerp [boodskap #148568] |
Vr., 11 Julie 2025 15:52 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24222 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
nabyaardevoorwerp
Afbreking: na•by•aar•de•voor•werp
Samestelling: naby + aarde + voorwerp
Selfstandige naamwoord: nabyaardevoorwerp
Meervoud: nabyaardevoorwerpe
Betekenis:
• (sterrekunde) Voorwerp in die Sonnestelsel wat se wentelbaan naby aan dié van die Aarde kom.
Gebruik:
• Die eerste nabyaardevoorwerpe (NAV) wat die mens waargeneem het, was komete.
Wisselvorm:
• naby-aarde-voorwerp
Sinoniem:
• aardskeerder
• aardskrammer
Vertaling:
Engels: near-Earth object, earthgrazer
Nederlands: aardscheerder
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|